Splinternuwe 5-ster lodge op Upington net die blyplek op die lang pad

Kalahari Lifestyle Lodge nuutste NC Famous Lodges toevoeging

Die splinternuwe  5-ster Kalahari Lifestyle Lodge in Upington wat deel is van NC FAMOUS LODGES met oorde vanaf Vanrhynsdorp tot in die Kalahari, is nou oop vir besoekers. Die ligging van die oord is ideaal vir reisigers, hetsy van die Kaap of Johannesburg. Dit bied maklike toegang na dorpe soos Keimoes (50 km), Kakamas (90 km), die Augrabies-waterval (120 km), diie Kgalagadi-oorgrenspark (252 km), Namakwaland en die Richtersveld se blommeprag, asook na Namibië.

Kalahari Lifestyle Lodge bied 5-ster privaat-akkommodasie met die keuse van selfsorg-villas asook kampeerplekke. Gratis en vinnige WiFi, asook 24-uur sekuriteit is deel van die pakket as mense hier bly. Die lowergroengrasperke en goed versorgde tuine is ’n lus vir die oog en skep ‘n ontspanne atmosfeer na ‘n lang dag op die pad.

Die KALAHARI LIFESTYLE VILLAS bied die volgende luukse akkommodasie:

  • Onderdak privaat-parkering vir jou voertuig.
  • 12 Villas, elk met slaapplek vir twee persone.
  • 4 Luukse eenhede elk met 2 slaapkamers en 2 badkamers.

Die eenhede is ten volle toegerus met ekstralengte koninggrootte beddens, lugversorging, slim-TV (stroom alle kanale). Van die eenhede is hondevriendelik.

Die oord bied ook 12 eksklusiewe luukse kampeerplekke met jou eie privaat badkamer en kombuisie en elke staanplek het sy eie kragpunt. Van die staanplekke is hondevriendelik.

Koel af in een van die swembaddens, speel mens-grootte skaak, of werk gou ’n kardio-sessie in by die goed toegeruste gimnasium.

Die Silver Spoon Bistro op die perseel bied daagliks ’n luukse buffet-ontbyt in die rustigheid van ’n plaasstyl-omgewing met springbokke wat vrylik wei. Jy kan ook vooraf reël dat ontbyt by jou villa of kampplek afgelewer word. Teen ’n fooi is daar ook wasgoeddiens (was en vou) asook ’n motorwassery.

’n Geriefswinkel is ook op die perseel wat heerlike braaipakke, hout en ys verkoop.

As jy heerlik wil eet is die Red Ox die restaurant met dek wat uitkyk oor die Oranjerivier die opsie vir middag- en of aandete. Dit is ongeveer 4.5 km vanaf die oord in Upington.

As jy arriveer wag ‘n gratis braaibroodjie of varsgebakte brood vir jou en met jou vertrek sal ons selfs jou koffiefles vul.

KontakbesonderhedeL:

Tel: 054 333 1126

E-pos: info@kalaharilifestylelodge.co.za

NC FAMOUS LODGES van Kaap tot die Kalahari!

Letsatsi Lodge | Vanrhynsdorp (nuwe kampterrein open Augustus)

Tshahitsi Lodge & Silver Spoon Bistro, Rex Ox | Upington

Molopo Kalahari Lodge | Askham

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!