Studente versper toegang na Neelsie
‘n Klein groepie studente het vanoggend toegang tot die Neelsie-studentesentrum met stoele en tafels versper en het niemand toegelaat om die sentrum binne te gaan nie.
Die protes is in solidariteit met studente landwyd wat die afgelope paar dae betoog teen studie- en registrasiegelde, sowel as vir die afskryf van agterstallige rekeninge en studentelenings. Studente kon ook nie vir die nuwe akademiese jaar registreer nie weens agterstallige rekeninge. In die noorde van die land het die protes tot geweld gelei en ‘n man is onskluldig in die spervuur noodlottig gewond. Talle studente is ook daar in hegtenis geneem.
Die Stellenbosse groep wou nie met die media praat nie, maar het gesê dat hulle nie die sentrum gaan verlaat voordat die US-bestuur nie met hulle gepraat en na hul griewe geluister het nie.
‘n Woordvoerder van die US het die voorval bevestig en gesê die bestuur is besig om met die studente te onderhandel. Veiligheidsowerhede is ook op die toneel en hou die situasie dop.



Video oor die StudenteProtes:
Berig oor hoeveel geld besighede in Neelsie verloor. Berig menings van studente op kampus.
Stellenboch Monitor is besig met die versoek. Enige inligting sal wardeer word.