Warm winterprogram by Drostydteater

Na 10 jaar kook dit steeds by Drostdyteaer die winter

Die Drostyd-teater, wat verelde week sy 10de verjsaardag gevier het,se winterprogram is lekker sterk aan di egang en bied di eiedela egeleenthede om op hierdie koue wintersaande in ‚n warm, knus omgewign te gaan ontspan. Komkyk gerus na di eaanbod vir die wintertyd. Teaterisnie net vir die osomer nie..

Schalk Bezuidenhout -het die Comrades oorleef!

Schalk Bezuidenhoud in lewende lywe

10 Junie

Ete 18:00 | Vertoning 20:00

Deesdae is mense meer gewoond daaraan om vir Schalk Bezuidenhout op ‘n selfoon- of TV-skerm te kyk en dan nog in Engels ook?! Sies! MAAR, Schalk kom maak ‘n draai by Drostyd Teater… in lewende lywe én in Afrikaans! Hoera!

Met ‘n mengsel van ouer en nuwer materiaal, beloof* ‘Schalk Bezuidenhout in lewende lywe’ om ‘n heerlike aand uit te wees vol van lag en humor. * “beloof” is ‘n sterk woord. Niks in die lewe kan eintlik beloof word nie. As jy ‘n baie baie hartseer persoon is, kan hierdie show nie beloof om jou voltyds gelukkig te maak nie. Maar ten minste, hopelik vir ‘n oomblik.

Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram. Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete.

Kaartjies @Webtickets https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1568616053

Lize Beekman sit ‘n bietjie langs my

11 Junie

Ete 18:00 | Vertoning 20:00

Lize Beekman, geliefde sanger-liedjieskrywer, kom Drostdy Teater toe met haar vertoning “Sit ’n bietjie langs my” begelei deur die talentvolle Janine Neethling. Haar musiek loopbaan strek oor 28 jaar en soos altyd beloof haar vertoning ’n belewenis van sielvolle musiek en lirieke wat haar gehore diep raak. Skuif gerus nader, kom sit ’n bietjie langs haar, en gee jouself oor aan ’n intieme musiek-ervaring en van die mooiste lirieke in ons Afrikaanse taal. Moet dit nie misloop nie.

Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Die kaggel brand weer en gaste word bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete.

Kaartjies @Webtickets https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1569148202

Richard van der Westhuizen

12 Junie

Ete 18:00 | Vertoning 20:00

Richard van der Westhuizen hier. Ek het Donderdag 12 Junie ‘n vertoning in die Drostdyteater in Stellenbosch. Vanaf sesuur die aand kan jy lekker kom eet met ‘n glas wyn in die teater se sitkamer en dan oorskuif teater toe waar ek gaan musiek maak saam met Andrew Roos op klavier.

Sowat 40 jaar lank het ek woorde en musiek geskryf, en ‘n klomp van die liedjies het gewild geraak. Ek het gaan delf tussen die klomp en ‘n aantal gekies wat deur al die jare my gunsteling liedjies gebly het. Tussen Treine en Ballade vir ‘n Enkeling natuurlik, maar ook meer persoonlike liedjies soos Anthem, Genadewater, Engelliedjie, Die viooltjies op Ouma se graf, Isabella en ‘n klomp ander. Dit is my absolute voorreg om hulle met julle te kan deel. Kom ons maak die winter saam-saam warmer.

Richard van der Westhuizen – reeds 40 jaar in die musiekbedryf.

Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!

Kaartjies @Webtickets https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1568616262

Jak de Priester in Maanligfontein

13 Junie

Ete 18:00 | Vertoning 20:00

In 2025 vier ons Afrikaans se 100ste bestaansjaar as amptelike taal—’n groot mylpaal in ons taalgeskiedenis. In die afgelope honderd jaar het Afrikaans in musiek, kuns en letterkunde oorleef en gegroei, en een van die grootste aanhangers van die taal se skoonheid is Jak de Priester.

Jak de Priester

In sy 23 jaar as sanger het Jak de Priester al talle ikoniese liedjies geskryf. Sy musiek roep emosies op – van ekstase en verlange tot romanse en humor, maar ook diep roerende gevoelens. Jak se liedjies is meer as net melodieë; dit is stories wat mense se harte aanraak. Of dit nou oor liefde, verlies of vreugde gaan, sy musiek spreek mense op ’n diep vlak aan. Sy nuwe vertoning, Maanligfontein, beloof om ’n magiese aand vol emosie te wees—soos in ’n film. Dit is nie net ’n musiekoptrede nie, maar ’n reis deur Jak de Priester se musiek en kreatiewe wêreld, waar liedjies en stories een word. Kom vier hierdie belangrike gebeurtenis saam met Jak de Priester, en beleef ’n aand vol musiek, emosie en stories wat nie net jou hart sal roer nie, maar ’n onvergeetlike ervaring wat jou gees sal inspireer.

Die kaggel en huiskos is deel van dei aanbod.

Kaartjies @Webtickets https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1568613563

LUNA PAGE Oceanic Heart

14 June

Dinner 18:00 | Show 20:00

Luna Paige first national tour of the year ‘OCEANIC HEART’ comes to a close at Drostdy Theatre’s Winterfest

Luna Paige’s OCEANIC HEART TOUR kicked off in February 2025. The tour started in the Western and Eastern Cape in February and March. Luna travelled to the Northern parts of the country in April and May to treat music-lovers across South Africa. This tour included performances in the Karoo, Free State, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng, North-West and will end at the STRAB festival in Mozambique.

Luna Paige

In OCEANIC HEART Luna Paige brings music lovers a collection of songs that celebrate the comprehensive nature of love. Luna sings about romantic love, love between friends and family, and the deep connection between humans and their animals. She sings about love of nature, travel, love of neighbours, and most importantly – self-love. Besides performing her original material, Luna Paige has selected songs by songwriters she admires such as Neil Young, Nick Cave, Carole King, Norah Jones, Janis Joplin, and more. Luna will perform her own version of these popular songs during the show.

Luna is no stranger to discerning music lovers in South Africa. She is known for her exemplary songwriting and her powerful voice. She accompanies herself on an electric piano and acoustic guitar and sings in both English and Afrikaans. Paige has released 5 English albums, 2 Afrikaans albums, 1 SAMA-nominated collaborative album and multiple singles since 2003. In October and November 2024, she toured nationally with her TUISKOMS / COMING HOME TOUR after spending three exhilarating months in Europe, which included intimate performances in the Netherlands.

October and November 2025 sees her touring the Netherlands with a brand-new production by the name of DREAMLAND. Before then, join Luna Paige for a lighthearted and celebratory show about love – that one thing we all need in our lives.

Tickets @Webtickets https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1568615953

Van Bublé tot Bocelli!

André Terblanché en Corneil Muller

Begelei deur Winand Grundling

15 Junie

Ete 13:00 | Vertoning 15:00

Bekroonde sangers André Terblanché en Corneil Muller span kragte saam vir ’n unieke konsert – van Bublé tot Bocelli!

Beide kunstenaars is bekend vir hul veelsydigheid en sal ’n diverse program aanbied wat strek oor genres en generasies heen. Met André se musiekteater-ervaring en Corneil se ligte-klassieke agtergrond sal hierdie dinamiese duo ’n ryke en boeiende ervaring vir alle musiekliefhebbers lewer.

Terblanché en Muller word begelei deur Winand Grundling, pianis, orrelis en gerespekteerde musikant. Moet hierdie geleentheid om twee unieke stemme en ’n briljante pianis en begeleier op een verhoog te sien, nie misloop nie!

HARTSBRIEWE Hannes van Wyk en Coenraad Rall

16 Junie

Ete 13:00 | Vertoning 15:00

Maak gereed vir ’n aand vol lag, warmte en ’n bietjie romanse met Hartsbriewe. Met betowerende musiek deur Coenraad Rall as pianis, en Hannes van Wyk wat ’n heerlike versameling briewe voorlees wat die snaakse, eienaardige en roerende kante van liefde verken – of dit nou romantiese liefde, familieband of bloot liefde vir die lewe is. Dit is ’n mengsel van musiek en stories, wat die dinge vier wat ons harte vinniger laat klop. Verwag breë glimlagte, ’n paar verrassings, en baie lekker-voel- oomblikke!

Hannes van Wyk lees sy Hartsbriewe in hierdie gesamentlike optrede met Coenraad Rall.

Met die afskop van 2025 span Hannes van Wyk en Coenraad Rall kragte saam in ’n aanbieding oor DIE LIEFDE. Die gehoor word saamgeneem op `n reis van verskillende fasette van die liefde deur middel van voorlesings, sang en musiek. Nuutgeskrewe en ouer prosawerk word vervleg met klavierspel en sang.

Hannes is alombekend as bekroonde akteur en aanbieder en Coenraad as briljante begeleier vir van ons land se voorste kunstenaars soos Elzabé Zietsman, André Schwartz en uiteraard Amanda Strydom. Met hierdie uurlange voorstelling gaan gehore egter ook kennis maak met Coenraad se sang…

Digter ID du Plessis het met reg verklaar “die liefde neem ’n duisend vorme aan.” Liefde is mooi, kan kwets, kan opdroog, is onverstaanbaar en onverklaarbaar. Sonder liefde is daar geen lewe nie. Die program gaan gehore bekoor en ontroer met allerlei soorte liefde; noem maar op. Die twee kunstenaars wil die liefde gedenk en vier met ’n nostalgiese aanbieding, maar ook die ligter sy van hierdie eiesoortige gevoel belig.

Kaartjies @Webtickets https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1568615442

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!