Prof Wim de Villiers toets positief vir Covid-19
Die Universiteit Stellenbosch (US) het pas bevestig dat prof Wim de Villiers, rektor en visekanselier, vandag (7 Maart) positief getoets het vir COVID-19. Hy is tans in self-isolasie vir ’n periode van 10 dae.
“Ek ervaar tans geringe tot matige simptome, maar ek waag geen kanse nie en sal my gesondheid fyn dophou,” het De Villiers gesê.
De Villiers gaan waar moontlik aanlyn voort met sy werk, maar het gevra dat sy dagboek skoongemaak word sodat hy genoeg rus kan inkry.
“Ek het vandag wéér besef dat die siekte ’n ernstige saak is. Daarom moedig ek steeds die publiek en ons kampusgemeenskap aan om waar oral moontlik ’n masker te dra, ’n veilige afstand van ander te handhaaf en gereeld jou hande met ’n handreiniger te was. As ‘n mens die simptome toon is dit belangrik om vir ’n toets te gaan en dan die nodige protokolle te volg om die verspreiding van COVID-19 te beperk.”
