Prof is krisantekampioen vir 2021
Die jaarlikse Wellingtonse krisanteskou was ‘n triomftog vir ‘n professor aan die Universiteit Stellenbosch (US) prof Michael le Cordeur. Le Cordeur is ook die voorsitter van die Wellingtonse kristantevereniging.
Verlede jaar het dei Covid-pandemie ook ‘n stokkie voor die skou gesteek – die eerste keer sedert 1947 en die nadraai van die Tweede Wereldoorlog wat die skou nie aangebied is nie. Die afgelope 105 jaar is dit een van die hoogtepunte op die Wellingtonse sosiale kalender en lok jaarliks groot belangstelling.
Die 100 gaste teenwoordig, streng Covid-19-protokolle is deurgaans gehandhaaf, het duidelik die vorige jaar se skou gemis omdat die Wellingtonse krisanteskou al vir so lank baie gewild op die dorp is. .
Le Cordeur is vanjaar as die algehele wenner aangewys
“Enige mens hoop mos diep in jou hart jy sal iets wen, maar nie in my wildste drome sou ek kon dink dat ek soveel pryse sou wen ni e- altesaam 14 trofeë pronk nou in my kas,” het Le Cordeur vertel.
Die pryse wet hy verower het, is beste 3 enhonoo-blomme, beste Louisa Pocket, beste Alfred Simpson, beste Refleks-blom (Jessie Hapgood), beste ligte blom (Inzanne), beste Donkerblom (Enhonoo), beste intermediêre blom (B) (Racoon), beste intermediêre blom (A) ( Kocka Shishi), beste medium blom (Stokes Eclipse), beste groot blom (Enhonoo), skild vir die meeste punte, Freddie Cyster-trofee vir die beste Aristokrat, kampioen Spinnekopblom (brons medalje) (Bon Voyage) en kampioenblom (Mount Shasta) (silwer medalje vann die Nasionale Krisante Vereniging),. Daar was ook nog ‘n paar kleiner pryse..
Die beste Spinnekopblom was ‘ Bon Voyage, die beste donkerblom was ‘n pienk Enhonoo en die kampioenblom was ‘n wit Mount Shasta.
Die burgemeester van die Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit, Erna von Slicht, was die geleentheidspreker en het die kwekers aangemoedig om die geskiedkundige tradisie te laat voortleef ongeag uitdagings soos droogtes, waterbeperkings en die Covid-pandemie.



