Eerste nasionale titel vir PRG-gholfsterre

PRG 2022 SA hoërskole-kampioenskapwenners

Paul Roos Gimnasium se gholfspan is op 2 Augustus as die wenners van die nasionale skole -gholfkampioenskap by die Humewood-gholfklub in Gqeberha aangewys.

Twee-en-twintig top skolespanne van regoor Suid-Afrika het aan die toernooi deelgeneem. Elke skoolspan het uit vier spelers bestaan, waarvan die drie beste brutotellings van elke span vir elkeen van die twee rondtes van 18 gate waarin hulle gespeel het, in aanmerking geneem is.

Na dag 1 se 18 gate rondte was Paul Roos met ‘n skamele 2 houe voor McKinlay Reid van George. Danksy goeie gholfweer is daar op dag 2 uitstekende tellings aangeteken. Aan die voorpunt vir PRG was kaptein Jack Brugman (2022 se WP junior houespelkampioen) met ‘n uitstekende 69 (-3) en so ook sy spanmaat Andries van der Vyver 69 (-3). Andries se tweeling broer, Nicolas, het ook uitstekende spel gelewer en self 71 (-1) houe gespeel. Gerard Hartman kon ongelukkig nie een telling van 74 (+2) verbeter nie en het ‘n 78 (+6) gespeel.

Hierdie puik gekombineerde tellings van die top 3 PRG-skoliere (-7) vir dag 2 het Paul Roos buite bereik van hulle opponente geplaas en het hulle gemaklik met 5 houe laat seëvier teen die naaswenners, asook ‘n verstommende 14 houe beter as die span wat derde geëindig het.

Die nasionale titel is sover bekend,  die eerste sodanige titel vir Paul Roos Gimnasium. Dit is ook die eerste keer in die roemryke anale van die SA hoërskoletoernooi dat ‘n wenspan se gesamentlike tellings vir die twee rondtes onder baansyfer was (-3). Andries van der Vyver het ook die individuele titel gedeel met Devon Valentine van Grey High op (-5). Die span is geborg deur X-Chequer Fund Management.

Die kampioenspan is voorste ry: Nicolas van der Vyver en Andries van der Vyver. Agter staan Jack Brugman (kapt), Tienie Hendriksz (bestuurder) en Gerard Hartman.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!