NC Famous Lodges voltooi sirkelroete deur Noord-Kaap

Kuier by eksklusiewe lodges op sirkelroete

Met die somervakansie op hande bied Northern Cape Famous Lodges vir besoekers aan die Noord-Kaap nou die unieke geleentheid om in ’n sirkelroete hierdie streek te besoek en elke keer by een van die groep se gerieflike verblyfopsies te oornag.

Met die opening van die Oranjerus-oord op Upington, is daar nou 6 oorde vir reisigers om tuis te gaan en met uitstaande geriewe waar hulle gemaklik kan ontspan na ’n lang dag op die pad.

Lesatsi Lifestyle Lodge, Vanrhynsdorp

As ’n mens van die Kaap se kant af noordwaarts met die N7 ry, is die eerste oornagpunt by die Letsatsi Lifestyle Lodge op Vanrhynsdorp.

Die 4-ster lodge bied ’n wye verskeidenheid goed ingerigte selfsorgverblyf-opsies, van ultra- luukse villas, chalets, familie villas, glamping tot besigheidseenhede.

Die 5-ster-kampplek het 12 staanplekke op ’n grasperk. Elke staanplek het elektrisiteit, ‘n privaat kombuisie, badkamer en onderdakbraai-area.

Die Red Ox Steakhouse, reeds wyd bekend vir sy hoë gehalte disse, is op die perseel en is daagliks oop.

Saterdae kan gaste die 5 km parkrun stap of draf wat op die perseel aangebied word en daar is verskeie swebaddens op die perseel vir gaste om te geniet.

En vir diegene wat dalk iets spesiaals beplan, is daar ‘n 4-ster trou- en konferensievenue wat 250 gaste kan huisves – en boonop is daar ‘n historiese Katolieke kerkgebou op die perseel wat die ideale plek is om die knoop deur te haak.

Maak die Lesatsi Lifestyle Lodge jou eerste rusplek op die sirkelroete na die Kalahari by NC Famous Lodges se verblyfopsies.

Bespreek sommer nou by Tel: 027 219 2828 | info@letsatsilodge.co.za of besoek hulle by

https://ncfamouslodges.com/

Upington

Volgende op die sirkelroete is dan die Kalahari Lifstyle Lodge op Upington en daar is twee roetes om daar te kom. Neem of die pad via Springbok en Pofadder, ’n rit van ongeveer 630 km wat so 6 uur behoort te duur, of via Brandvlei oor ’n afstand van ongeveer 530 km. Beide gaan deur asemrowende mooi omgewings en ’n mens kry werklik die gevoel dat jy deel word van Namakwaland of die Boesmanland.

Kalahari Lifestyle Lodge

Die Kalahari Lifestyle Lodge bied eweneens luukse 5-ster-kampplekke op ’n pragtige goed versorgde grasperk en elke staanplek het sy eie privaat badkamer, stoep met braai en kombuisie.

Elk van die sestien weelderige selfsorgeenhede het ’n privaat badkamer, kombuisie en stoep met of sonder ‘n braai. Gaste het toegang tot die swembad en gimnasium op die perseel om daardie seer spiere bietjie te strek.

Die Silver Spoon Bistro is daagliks oop vir ontbyt, terwyl die nou reeds beroemde Red Ox Steakhouse, wat deel is van NC Famous Lodges, slegs 3 km vanaf die oord is as jy jouself wil bederf. Bespreek nou en bel tel: 054 333 1126 of stuur ‘n e-pos na info@klodge.co.za of besoek

https://ncfamouslodges.com/

Tshahitsi Lodge, Upington

Hierdie luukse oord het 18 selfsorg-chalets (een eenheid is rolstoelvriendelik) en is volledig toegerus met lugversorging en buitekombuisgeriewe. Elke chalet het ’n ingeboude braai op die stoep met uitsig oor die tuin.

Die Silver Spoon Bistro is op die perseel en is daagliks oop vir ontbyt. Vandaar het gaste ’n uitsig oor die pragtige tuin waar springbokke vrylik rondloop.  Die Red Ox Steakhouse, wat deel is van NC Famous Lodges, is slegs 3 km vanaf die oord as jy jou met van die Noord-kaap se beste vleis- en ander geregte wil bederf.

Dit vorm ook ’n integrale deel van die sirkelroete tussen NC Famous Lodges se oorde, van die Kaap tot die Kalahari. En as jy eers hier is, is die Kalahari net om die draai. Bel hulle by tel: 054 333 1126 | E-pos: info@tshahitsilodge.co.za of kontak hulle by https://ncfamouslodges.com/

 Oranjerus River Resort, Kanoneiland

Maar nog is dit die einde nie, lui die slagspreuk. Indien jy dalk ander tipe blyplek soek, of nog langer langs die Oranjerivier wil vertoef, is die splinternuwe toevoeging tot NC Famous Lodges, die Oranjerus River Resort op Kanoneiland, net die plek.

Die oord is op die oewer van die Oranjerivier geleë en bied selfsorg-verblyf en uitstaande kampeergeriewe. Daar is 19 chalets, waarvan 7 selfsorgeenhede is en 12 oornagchalets met en suite-badkamers.

Op die kampeerterrein is daar 12 luukse kampplekke, elkeen met sy private badkamer, kombuis, rivier-uitsig en eie braai-area.

Die oord bied ook 28 standaardkampeerplekke met ’n private braai-area en ’n moderne geriefswinkel, gratis WiFi en 24 uur sekuriteit.

Die Red Ox het reeds bekendheid in Upington en op Vanrhynsdorp verwerf, maar hier is die kleinboet, die Red Ox Pantry-restaurant, oop vir gaste, daar is pizza-oonde langs die rivier, swembaddens en ’n veilige speelplek vir kinders.  Bernie’s Outdoor Fitness Centre open ook binnekort.

Bel hulle nou om jou plek te bespreek by tel: 082 772 5896, stuur ’n e-pos na info@oranjerus.com of kyk by https://ncfamouslodges.com

 Molopo Kalahari Lodge, Askham

Vanaf Upington gaan dit jou net so bietjie meer as ’n uur neem om die ongeveer 80 km tot op Askham te kom en jou voete as’tware in die Kalahari-sand te kry. Hier wag die Molopo Kalahari Lodge op jou waar jy ’n lafenis in die woestyn sal vind.

Die Molop Kalahari Lodge is slegs sowat 60 km voor die Kgalagadi-oorgrenspark, 70 km vanaf die Namibiese grens en 4 km vanaf die Botswana-grens geleë.

Die 3-ster lodge bied ’n verskeidenheid selfsorgverblyfopsies van rondawels, tot villas asook kamppeerplek met privaat badkamers en elektrisiteit.

Die à la carte-restaurant op die perseel bied binne- en buitesitplekke en daar is ’n heerlike swembad, en geleenthde om te gaan stap, voëls te kyk of bergfiets te ry (as jy jou eie fiets het).

Skakel hulle nou om jou plek te bespreek by  tel: 054 511 0008, stuur ’n e-pos na info@molopolodge.co.za of besoek https://ncfamouslodges.com/

 En dan is daar …

Vischgat Game Lodge
Hierdie eksklusiewe skaap en vryloop-wildsplaas van 14 000 ha tussen Askham en Vanzylsrus, is enige buitelewe-entoesias en natuurliefhebber se droom. Om daar te kom moet besoekers egter ’n 4×2 of 4×4-aangedrewe voertuig gebruik.

Daar is 7 chalets en die hoofgebou het twee slaapkamers en ’n badkamer. Besoekers aan Vischgat Game Lodge deel die kombuis en leefarea van die hoofgebou, wat ook ’n 40 cm-televisiestel huisves. Dit is doelgemaak vir families of ’n groep vriende.

Vir ontspanning is hier ’n swembad, 4×4-selfryroetes, sandboard en voëlskyk. In die afsonderlike deel van die reservaat is daar 5 000 ha uitgesit waar talle wildspesies soos gemsbokke, springbokke, sebras, elande, rooihartebeeste, rooibokke, steenbokke, blouwildebeeste, swartwildebeeste, duikers en volstruise gesien kan word.

Geriewe wat by die lodge verkry kan word, sluit in braaipakke, ys, kameeldoring-braaihout, poskaarte, gebottelde water, ’n ten volle gelisensieerde kroeg, motorwasgriewe, wasgoedwassery en 24 uur sekuriteit.

Om jou sirkelroete te voltoit, skakel Vischgat Lodge by tel: 054 511 0008 of stuur ’n e-pos na

info@molopolodge.co.za of besoek https://ncfamouslodges.com/

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!