PRG-leerder swem dat dit spat

Paul Rooser na Olimpiese proewe

Ruard van Renen van Paul Roos Gimnasium is deur Swem Suid-Afrika uitgenooi om saam met die PRG-afrigter, Keith Jansen, aan die SA Olimpiese proewe in Gqeberha (PE) van 6 tot 12  April deel te neem nadat hy die finaal in die 50 m rugslag, 100 m rugslag, 100 m vryslag en 50 m vryslag gehaal het.

In die 100 m vryslag en 100 m rugslag het hy in beide items aan die junior wêreld kwalifiserende tydsvereistes voldoen.

Petrus Truter het aan die senior nasionale kampioenskappe van 14  tot 18 April in Stellenbosch deelgeneem waar hy `n wêreld junior kwalifiserende tyd in die 200 m borsslag geswem het.

Die nasionale kampioenskappe is in vier afsonderlike byeenkomste verdeel en in die Wes-Kaapse streek het PRG 14 goue, 12 silwer en 5 brons medaljes verower.

Ruard van Renen van Paul Roos Gimnasium en sy afrigter Keith Jansen.
Ruard van Renen in aksie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!