Bekende vas oor beweerde moord

Stellenbosser vas na skietvoorval in Plankenburg

Heelwat geheimsinnigheid omring die voorval waarin ‘n bekende Stellenbosser (69) weens moord die naweek in aanhouding deurbring.

Die voorval het na bewering gister kort na 02:00 in Plankenbergstraat naby die man se sakeonderning plaasgevind. Hy het na bewering ‘n moontlike inbraak by sy onderneming gaan ondersoek, ‘n man in die straat teëgekom en hom geskiet in die agterkop geskiet nadat hy eers ‘n waarskuwingskoot afgevuur het..

Die man is ook ‘n bekende in sportkringe en sal Maandag op ‘n klag van vermoedelik moord in die Stellenbosse landdroshof verskyn.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!