12 gladdebekke praat saam
Paul Roos Gimnasium het vanjaar 12 leerders gehad wat aan die jaarlikse Podiumpret-redenaarskompetisie deelgeneem het en het uitstekend gevaar.
Pellatt Smith het sy redenaarskategorie gewen en is ook as die algehele wenner van die graad 11-groep uit alle kategorieë aangewys. Sebastian Pentz het die tweede plek in sy redenaarskategorie behaal en beklee die vierde posisie op die algehele ranglys van die graad 8-groep uit alle kategorieë. Steffan Thielen het die derde plek in sy redenaarskategorie behaal en beklee die vierde posisie op die algehele ranglys van die graad 9-groep uit alle kategorieë.


