Leerders van Paul Roos het die afgelope tyd op verskillende terreine goeie prestasies behaal.
E-sport
Die skool se League of Legends A-span het die LOL-span van Grey Hoër met 2-1 in die HSEL / VS e-sportfinaalverslaan. Die span het bestaan uit Luhan Strydom (PeanutSW 01), Justin Van Rooyen (Mr1243), Cornel Kotze (WhiteBananna), André du Plessis (JerryPerry123), Jean-Luc Williams (Microwavemadness) en Christiaan Cornelissen (dISCRREETyEET).
Fietsry
Ruan Badenhorst het onlangs aan die WP-baanfietskampioenskappe by die Bellville Velodrome deelgeneem en het 4 goue en 1 silwer medalje verower.

Western Cape Enduro #1
Die volgende resultate is behaal deur Paul Roosers wat deelgeneem het aan die Western Cape Enduro #1 in Jonkershoek die afgelope naweek:
1ste: Philip v Schalkwyk
2de: Zivan Venter
3de: Henry Owens
4de: Zach de Kock
5de: Rupert Taljaard

Die Jonkershoek-wedren het ook vir 2021 as die nasionale enduro # 3 gedien. Philip se oorwinning plaas hom eerste in die reeks (520 punte) voor die plek Alex de Bruinvan KZN wat tweede is met 370 punte.

Waterpolo
Paul Roos se o./19B waterpolospan het Rondebosch se 2de span 6 – 5 in die finaal geklop.


Tennis
Paul Roos se o.16 A-tennisspan verloor naelskraap by die PNB Rising Star-toernooi
PRG se o.16 A-span het die naweek deelgeneem aan die finale rondtes van die PNB Rising Star tennistoernooi wat deur Tennis Suid-Afrika aangebied is. Die PRG-span het die provinsiale toernooi in die Strand gewen en deurgedring na die finale eindrondtes in Pretoria waar al die provinsiale wenners verteenwoordig was. Die span het bestaan uit Leonardo Sola, Willem de Waal, Jake Downie en Echard de Kock.
Die Paul Roos-span het hul afdeling in Pretoria gewen en daarna vir Grey College in die semi-finaal met 2-1 geklop. Die span verloor naelskraap in die finaal teen St.Stithians 1 – 2. Paul Roos wen die dubbelspunt teen Saints, maar verloor ongelukkig albei enkelwedstryde.
Paul Roos Gimnasium se eerste tennisspan het 2021 onoorwonne afgesluit en hul derde groot titel ingepalm deur Grey College vir die derde keer die jaar in die finaal van die Grey-tennistoernooi te klop.
Die span bestaan uit Ernst Gouws, Stephen Claassen, Johan van Wijk, Leonardo Sola, Willem de Waal, Jake Downie en Sebastiano Sola.

Debat
Paul Roos se Willem Visagie, Pellatt Smith, Frans Hoffmann en Jack Vlismas het nasionaal aan die On the Tip of the Tongue-debatskompetisie deelgeneem. Frans Hoffmann was derde in die Golden Tongue-afdeling en Pellatt Smith eerste in die Afrikaans-afdeling.

Swem
Paul Roos het op 1 November sy terugkeer na die Cape Metro swemliga gemaak,die skoolse eerste gala in meer as 18 maande.
PRG se swemmers het die dag oorheers deur al die aflos-wedrenne in al die ouderdomsgroepe te wen. Die matrieks het puik in hul laaste gala by die skool presteer en die skool was die algehele wenner van die dag.



