Maroenmasjien terug op spoor

Maties trap WIts op tuisveld

Na verlede week se pakslae in Bloemfontein, het Maties gisteraand op hul tuisveld die bordjies verhang en ‘n oortuigende oorwinning oor Wits behaal. In die proses het Maties vyf keer agter Wits se doellyn gaan kuier om die sege te verseker.

Sowat 2000 studente het die eerste Varsitybekerwedstryd die afgelope twee jaar in die Danie Craven-stadium terdeë geniet en die spanning was deurgaans hoog.

Om met 37-10 te seëvier is geen geringe taak nie, veral nie as die span se kwaai drag slae van die vorige week in aggeneem word nie. Maar Maties het weer na die pan van ouds gelyk.

Die grondslag vir die oorwinning was weer die voorspelers wat goeie balbesit gewen en die agterspelers in goeie besit gestel het. Aan die voorpunt hiervan was die Stellenbosse studente se WP 0.20-voorry Vernon Matongo wat stewig geskrum, gedryf en  in die losgemaal vertoon het.

Maties se eerste drie het gekom nadat die Wits-voorspelers van die bal geskrum en ‘n strafskop afgedwing is. Mike Mavovana het in die hoekie oorgegaan om die grondslag vir die res van die wedstryd te lê.

Wits het kort daarna teruggeslaan na ‘n rolmaalbeweging, maar kon deur die res van die wedstryd nie regtig ‘n oorheersende houvas op die gang van sake verkry nie.

Ander Maties wat agter die doellyn gaan kuier het, is Sean Swart, Titus Marcqiewn, Chris Rossouw en McKyle Volmoer. Doelskoppe is drie maal deur Nevaldo Fleurs deur die pale gejaag en hy het ook drie strafdoele aangeteken.

Volgende week speel Maties weer tuis teen UJ en dit behoort ook ‘n interessante stryd af te gee. Alle spanne wil atyd Maties op hul tuisveld ore aansit, maar UJ kon nog net een wedstryd in vanjaar se kompetisie wen en is sesde op die punteleer, twee plekke onder die Maties. Die wedstryd begin om 19:00.

Foto’s en videos:Thys Lombard

Video’s: Thys Lombard

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Leave the field below empty!