Shiraz en wildsvleis – ideale pasmaats

 Verlustig jou in shiraz en wildsvleis by Anthonij Rupert-wyne 

Shiraz word elke jaar op 21 Augustus gevier op Nasionale Shiraz-dag. Op hierdie dag doen produsente en restaurante in Suid-Afrika ekstra moeite om heerlike wildsvleisgeregte te skep om by die bekende spesery- en gekruide geure van hierdie gewilde kultivar te pas.

Anthonij Rupert Wyne in die prentjiemooi Franschhoek-vallei gaan die hele Augustus aan shiraz wy en heerlike kos-en-wyn-kombinasies in eer van hierdie kultivar aanbied. Elke week van Dinsdag tot Sondag kan ’n smaaklike driegangmaal met shiraz en wildsvleis as die hoofrolspelers geniet word. Die ete eindig met ’n heerlike shiraz-geïnspireerde nagereg. Die koste is R495 per persoon.

Die drie disse sluit in bereide koedoe-lendestuk bedien met parmesan en roket, stadig gekookte wildsvleis-ravioli in brodo, en ’n pastei van wildsvleis en wortelgroente. Die drie disse sal bedien word met die landgoed se Protea Shiraz, Cape of Good Hope Riebeeksrivier Shiraz en Anthonij Rupert Wyne Syrah.

Hierdie is ’n kulinêre geleentheid wat gaste nie net die kans bied om Anthonij Rupert Wyne se verskillende shiraz-wyne te ervaar nie, maar ook om nuwe kos-en-wyn-pasmaat-idees te kry vir die res van die winter.

Hierdie kulinêre fees is beskikbaar van 3 tot 31 Augustus. Bespreking is noodsaaklik en kan direk by tasting@rupertwines.com of www.rupertwines.com gedoen word.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Leave the field below empty!