Bloemhof presteer op talle gebiede

Nuus van Bloemhof – soveel dae, soveel dinge

Die HMS Bloemhof het vandeesweek afskeid geneem van Stephan Meyer wat sedert 2014 by  Bloemhof werk en in Mei 2017 as die kommunikasiebestuurder oorgeneem het.

Leerders het destyds vir Meyer leer ken as die Afrikaans-meneer wat met ewe veel entoesiasme oor woordsoorte as voorgeskrewe werk kon gesels.

In sy tyd as opvoeder het hy onder meer ook Engels en Drama aangebied en as ’n netbalspanbestuurder was hy dikwels saam met die o.16A’s langs die baan.

Sy talent vir skryf, fotografie en grafiese ontwerp het van hom die ideale kandidaat gemaak om in 2017 die klaskamer vir die kantoor te verruil en vir die afgelope vyf jaar was hy die gesig agter Bloemhof se Facebook, Instagram, die webwerf en al die ander plekke waar Bloemhof in die media gepronk het.

“Hierdie is nie totsiens nie, net ‘sien julle later’, want ek sal nog gereeld in Stellenbosch wees en beslis by Bloemhof kom inloer,” sê Meyer. “Ek het ’n betrekking as kopieskrywer by ’n mediese tegnologiemaatskappy aanvaar en vorm deel van hulle handelsmerkspan. Die mooi Afrikaanse woord daarvoor is seker dat ek nou ’n ‘handelsmerkbestuurspanlid’ is, maar dié samestelling is ’n mondvol.”

Alhoewel Meyer hom nou in ’n Engelse omgewing bevind, is sy liefde vir Afrikaans nog nie geblus nie.

“Ek het verlede jaar besluit om my Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands te doen en gee so ’n bietjie vir die eerstejaars in dié departement klas. Dit is altyd spesiaal om Bloemhoffers op kampus raak te loop.”

Wat gaan hy die meeste van Bloemhof mis?

“Die leerders, sonder twyfel. En my kollegas, veral die wonderlike en lawwe klomp in die sportkantoor. Maar ook die klein goedjies: Om te luister hoe die orkes of die koor oefen. Om by die Fransklas in te loer en vir die leerders te ‘Bonjour’ en te ‘Comment ça va?’ en te ‘Je suis fatigué aussi’. Om te lag wanneer mnr. Kitching nie iets op die rekenaar regkry nie en ons die pieng-pieng-pieng-pieng-pieng in die kantoor hoor.”

Het hy enige raad vir Bloemhof?

“Soos ek Maandag in die saal gesê het: Integriteit is ’n werkwoord. Dit is nie regtig nie – dis ’n abstrakte selfstandige naamwoord, maar ons aksies sê baie meer as wat ons woorde kan.  As ek vandag vir skoolgaande Stephan iets kon sê, sou dit seker wees om Bitcoin te koop. Nee, net dié: Wees jouself en verken nuwe horisonne, maar moenie bang wees om jou kompas te gebruik nie.”

Stepan Meyer verlaat Bloemhof na 8 jaar. Hier is hy by van die leerders tydens sy afskeid.

Hier is nuus uit die sportkantoor:

Netbal

Lisa Ingwersen (gr. 12) is in die SA o.19-netbaloefengroep opgeneem.

Lisa Ingwersen (gr. 12) is in die
SA o.19- netbaloefengroep opgeneem.

 

Nasionale toernooi-uitslae:

Boksburg – Junievakansie

 

NaamSpanOuderdomPosisie

geëindig

Tachin AdamsWes-Kaap: Oakso. 142de
Mariaan Bruwer (Kaptein)Wes-Kaap: Cederso. 155de
Mila BesterWes-Kaap: Oakso. 153de
Simone DryWes-Kaap: Cederso. 155de
Cara OttoWes-Kaap: Oakso. 168ste
Shayna TruterWes-Kaap: Oakso. 168ste
Lara SteenkampWes-Kaap: Cederso. 181ste
Carla Janse van RensburgWes-Kaap: Willowso. 183de
Zunika VermeulenWe-Kaap: Willowso. 183de
Lara Steyn (kaptein)Cape Winelandso. 192de
Lisa IngwersenCape Winelandso. 192de

Logan Marthinus (regs) is in die SA o.16 HP-oefengroep ingesluit. Die SA o.16-dogterspan word deur Illse Davids, Bloe,mhof se hokkiebestuurder, afgerig.Hokkie:

Logan Marthinus het in die Julie-vakansie die goeie nuus ontvang dat sy in die SA o.16 HP-oefengroep ingesluit is.

Sy is egter nie die énigste Bloemhoffer daar nie: die SA o.16-dogterspan word deur Illse Davids, die skool se hokkiebestuurder, afgerig.

Die Bloemhof Fairtree o.14-hokkiespelers het ook aan proewe deelgeneem en vier spelers is in spanne opgeneem: V.l.n.r. is Pippa Viljoen (Wes-Kaap o.14-span), Simone van der Merwe (o.14 Boland-Suidspan), hul afrigter, me. Illse Davids, Cailey Haggar (o.14 Boland-Suidspan) en Loreé Roos (o.14 Boland-Suidspan). Foto: Stephan Meyer

 

Pippa Viljoen was deel van die Wes-Kaapse span wat goud op die nasionale kampioenskappe verwerf het.

  • Nicole Bougass en Grace Prins was deel van die Boland o.18-span wat aan die ITP nasionale toernooi deelgeneem het en 4de geïndig het.
  • Lisa de Villiers was ‘n lid van die o.16B-Bolandspan wat aan die nasionale toernooi deelneem en 10de eindig.
  • Cayley Haggar, Loré Roos en Simone van der Merwe was deel van die o.14-Boland-streekspan wat aan die provinsiale streektoernooi gedurende die vakansie deelgeneem en 3de geëindig het.
  • Bianca de Guisti was in die o.16-streekspan wat 2de en Anika Venter in die o.18-steekspan wat 2de albei geëindig het.

 Hokkie en netbal teen HMS La Rochelle:

Bloemhof het op 22 Julie teen La Rochelle in die Paarl netbal en hokkie gespeel.  Daar is 17 netbalwedstryde gespeel en Bloemhof wen 16 van die 17 wedstryde.  Die eerste span het vir ‘n opwindende wedstryd gesorg en met 28-25 gewen. Bloemhof het ook al ses die hokkiewedstryde gewen.

Daar was volop aksie in die hokkiewedstryde teen Rhenish.

Bloemhof wen 16 van die 17 netbalwedstryde.

Tennis

Carli Kruger,  Anandie de Waal, Nina van Eeden en Mila Kotze het die afgelope naweek aan die Kaapse Wynlande Paribas o.16 tennistoernooi deelgeneem.  Hulle wen vir Paarl Gim, HMS Paarl en Rhenish en eindig eerste.

SA kampioenskappe vir biathle en triathle

Simone van der Merwe (gr. 8) het vroeg in Junie aan die SA kampioenskappe vir biathle en triathle deelgeneem waar sy in albei items die beste o.15-atleet was.

Sy is ook in die SA-span opgeneem wat in Oktober in Portugal aan die wêreldkampioenskappe gaan deelneem waar sy haar wêreldkampioentitels van 2021 sal verdedig.

Simone van der Merwe is in die SA-span opgeneem wat in Oktober in Portugal aan die wêreldkampioen-skappe gaan deelneem.

Judo

Jeannie Myburgh is ‘n graad 8-leerder wat haar man (en vrou!) kan staan. Sy is vroeër vanjaar in die Kaapse Wynland-judospan opgeneem en het tydens die vakansie in Gqeberha (Port Elizabeth) aan die Suid-Afrikaanse judokampioenskappe deelgeneem.

Hier het sy al haar teenstanders uitoorlê om uiteindelik as die Suid-Afrikaanse kampioen in haar afdeling gekroon te word.

Janine Myburgh, SA kampioen in haar afdeling.

WINTERWEEK UITSLAE

HMS BLOEMHOF TEEN HMS RHENISH

 

NETBAL TEEN RHENISH
o.14A wen 17-11
o.14B wen 19-17
o.14C wen 23-11
o.14D wen 14-8
o.14E wen 18-6
o.14F verloor 3-7
o.15A wen 13-12
o.15B wen 23-3
o.15C wen 29-5
o.15D wen 23-6
o.16A wen 30-16
o.16B wen 25-2
o.16C wen 33-5
o.19A wen 29-13
o.19B wen 27-6
o.19C wen 29-10

 

 

HOKKIE TEEN RHENISH
o.14A gelykop1-1
o.14B gelykop 1-1
o.14C verloor 0-1
o.16A verloor 0-1
o.16B verloor 0-3
o.16C verloor 1-3
o.16D wen 2-1
o.19A verloor 0-1
o.19B gelykop 2-2
o.19C wen 4-0

Landloop:

Die Bloemhof-landloopspan is die wenners in vanjaar se Wintersweekbyeenkoms.

Bloemhof: 125 punte

Rhenish: 85 punte

Simone van der Merwe (gr. 8) was eerste oor die eindstreep nadat sy die 4km-roete in 15:51 voltooi het.

Bloemhof se landloopatlete.

Skaak:

Welgedaan aan Rhenish wat die Wintersweek se skaak 6-0 gewen het.

Rhenish wen die skaak.

Bloemhofbondprys:

Ses matrikulante is vanjaar vir die gesogte Bloemhofbondprys genomineer:  Melissa Ducharme,  Andrea Visser, Zanél Holwill, Salomé Lourens, Ghite Scholtz en Lona Mhaga.

Die Bloemhofbond, ons oudleerdervereniging, kies jaarliks ’n matriekleerder wat entoesiasme en belangstelling vir die skool se tradisies toon en met wie die lede van die Bloemhofbond hulle graag wil assosieer. Die wenner word tydens die prysuitdeling aangekondig en ontvang onder meer ’n silwer armband as simbool van haar verbintenis met die skool.

Al ses hierdie leerders speel reeds ’n aktiewe rol in ons skool en leef Bloemhof se waardes van omgee, werksetiek, afgerondheid, respek en integriteit uit… Die Bloemhofbond het dus ’n baie moeilike keuse om vanaand te maak wanneer daar met die ses genomineerdes onderhoude gevoer word.

Van links na regs is Melissa Ducharme, Andrea Visser, Zanél Holwill, Salomé Lourens, Ghite Scholtz en Lona Mhaga.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Leave the field below empty!