Milla wen Boland-meesterstoernooi
Milla Kotze, ‘n g.-8 leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof het hierdie naweek weer opslae gemaak in die tenniskringe toe sy as die 2022 ope vrouekampioen gekroon is tydens die Boland-meesterstennistoernooi.
Deelname aan hierdie toernooi geskied slegs op uitnodiging. Wat Milla se prestasie so besonders maak is dat sy genooi is om in die Ope afdeling (18 jaar en ouer) deel te neem.
Met die begin van die 2023-tennisseisoen om die draai, verskuif Milla se fokus nou na ITF-toernooie in en om Suid-Afrika.