Onwettige besetting van Idasvallei-natuurreservaat vir inisiasieskool benadeel Idasvallei
Inwoners van Idasvallei is ontsteld oor die besetting van die Idasvallei-natuurreservaat deur ‘n groep van die Basotho- en Hlubi-stamme wat sedert laat verlede jaar ‘n inisiasieskoool daar hou.
Die Idasvalleinatuurreservaat is aan die voet van die Simonsberg geleë en word omring deur welbekende wyn plase soos Tokara, Dellair Graff, Kelsey Farm en Rustenberg Wines. Dit is 230 ha natuurlike unike plantegroei met twee groot damme.
Volgens Eon Hendrikse, ‘n gemeenskapsleier van Idasvallei, is hierdie diverse natuurgebied ‘n kerndeel van die gemeenskap van Idasvallei se ekonomie.
“Inwoners van Idasvallei gebruik die natuurgebied om ‘n bestaan te voer deur hout te maak, toerisme, natuurbewaring en ander ontspanningsaktiwiteite.
“Deie bekende Cape Epic-fietswedren kom jaarliks deur Idasvallei, die Wild runner out trail-reeks word gehou in Idasvallei en plaaslike inwoners gebruik die area vir oefen, stap en fietsry. Ons het ook wyn-staproetes in samewerking met Visit Stellenbosch en het onlanks die Woordfees se leefstyl-stappe aangebied. Die area speel ‘n groot rol in die ekonomie van ons gemeenskap en Stellenbosch as ‘n dorp en ook ‘n rol om intergrasie en sosiale samehorigheid in ons dorp en die land te bevorder,” sê Hendrikse.
Hy sê die besetting van die inisiasieskool word ten sterkste teengestaan deur die gemeenskap van Idasvallei en die gemeenskap is weens verskillende redes daarteen gekant.
“Eerstens is die gebrek aan konsultasie met die belanghebbendes en gemeenskap een van die redes omdat die area gebruik word vir buitelugbedrywighede en as die inisiasieskool plaasvind, word toegang vir die plaaslike gemeenskapslede verbied.
“Die tweede probleem is die ligging van die inisiasieskool. Hierdie skool vind plaas op een van die belangrikste roetes wat bekend staan as die Idas Valley Community Trails-toerismeroete, een van Stellenbosch se buitelug-sportbates.
“Die inisiasieskool is duidelik nie tot voordeel van toerisme-ontwikkeling nie en buitelug-toerisme-aanbiedinge vir Stellenbosch en Idasvallei as ‘n gemeenskap nie. Die skool benadeel en onderdruk ekonomiese ontwikkeling in die gemeenskap direk – dit nadat die toerismebedryf so seergekry het tydens en na die Covid-pandemie.”
Volgens Hendrikse is die grootste en hartseerste deel die effek van die inisiasieskool op natuurbewaring en die ekologiese impak wat die skool op die natuur het.
“Tydens die skool word die natuurgebied erg besoedel met glas van drankbottels, plastiek en vure wat gemaak word. Die diere wat wild daar voorkom, oorleef eenvoudig nie. Daar is bewaringsdoelwitte in plek vir so ‘n area. Ek onthou Anton Rupert het altyd gesê ons is niks sonder die natuur nie en daarom moet dit bewaar word.”
As die skool daar is, word die terrein erg besoedel, bome word afgekap, strukture word opgerig, inheemse plantegroei word vernietig, die varswaterbronne word besoedel en die plek word in haglike toestand gelos. Die area het die potensiaal om een van Stellenbosch se gesogste natuurbates te wees, maar dit word so verniel. “
Hendrikse meen die gemeenskap is ongelukkig omdat dit nie eers mense van die dorp is wat dit so opmors nie en omdat inwoners nou toegang geweier word tot ‘n plek wat hul eie en in hul agterplaas is. Een groep word bevoordeel om hul kultuur uit te beoefen terwyl ‘n ander groep toegang tot ‘n natuurgebied geweier word.
Hy sê die gemeenskap van IdasvVallei het die afgelope tyd groot vordering gemaak deur die gemeenskapsorganisasie Idas Vallei Community Trials wat eienaarskap geneem het van die area en wat soveel ekonomiese, opvoedkundige en natuurbewaringsgeleenthede geskep het vir jong mense in die gemeenskap. Kinders het begin fietsry, ouers het begin stap en bejaardes het net kom asem skep. Nou word alles net so weggevat.
“Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde en sy vrou Tracy, tesame met die kanselier van die universiteit Stellenbosch en prof Thuli Madonsela, het almal in die gebeid gestap tydens die jaarlikse social justice walk op 16 Junie 2021. Almal is bewus van die potensiaal en geleenthede wat die area vir die gemeenskap van Idasvallei bied.
“Die gebied word deur die gemeenskap gebruik om kinders op te voed oor die natuur, om mense bymekaar te bring deur ontspanningsaktiwiteite en dit skep ekonomiese geleenthede deur toerisme. Daar is 5 verskillende sektore wat in een ruimte integreer word tot voordeel van die hele gemeenskap – om dit vir ‘n eksklusiewe inisiasieskool te gebruik, maak nie sin nie,” verduidelik Hendrikse.
Hendrikse verduidelik dat hy en die gemeenskap van Idasvallei respek het vir verskillende kulture en is voorstanders van die erkennin van Suid-Afrika se diversiteit.
“Ek het grootgeword met die idee dat inisiasieskole ’n respekvolle en baie fyn tradisie in sekere kultuurgroepe is. Vandat ek te doen gehad het met hierdie insident en fisies gaan kyk het wat daar gebeur, is ek geskok. Die kollig moet geskyn word op wat regtig gebeur tydens inititiasie.
“Die hoeveelheid drankbottels wat daar rondlê, wys dat daar baie sterk alkohol gebruik word. Die manier waarop die plek bemors word, dui nie aan dat daar respek is vir die natuur nie. En as jy nie natuur kan respekteer nie, hoe gaan jy ander respekteer?
“Ons as gemeenskap voel die groep moet ‘n alternatiewe area gegee word, daar moet gereeld oorsig gedoen word om die impak teenoor die natuur te besdtuur, daar moet ook toegesien word dat daar voldoen word aan basiese menseregte tydens die skole. Drank moet verbied word en ander gemeenskappe moet opgevoed word oor ander kultuure sodat ook mekaar beter kan verstaan.
“Dinge kan nie aangaan soos dit nou aangaan nie – die natuur kry seer, die gemeenskap ly ekonomiese verliese en wrywing word tussen groepe geskep – iets wat ons land nie kan bekostig nie,” is sy mening.
Die Stellenbsoch munisipaliteit het aan die einde van verlede jaar as volg gereageer oor navrae oor die situasie:
The current initiation site in Ida’s Valley was identified as a high fire risk area by the Cape Winelands Fire Protection Association (CWFPA), not by the municipality. Last year (2021), safety issues were identified around open fires at the site at the height of the dry fire season. The CWFPA is an institution created by the National Veld and Forest Act.
The municipality informed the initiation schools of this development. We engaged with the CWFPA and applied for a permit in order for the initiation rituals to be allowed to continue at the site. This permit was not granted by the CWFPA, and we were then required to approach the National Department of Forestry, Fisheries and Environment for an exemption application. On 3 November, the department informed the municipality that the exemption application will not be granted.
Given the above, we continued talks with the Western Cape Department of Cultural Affairs and Sport (DCAS), the custodians of initiation schools in the province, on possible alternative sites. On 8 November, DCAS informed us of an alternative site that has been made available.
The municipality has continuously been in contact with various stakeholders to ensure that the initiation schools may continue operating and that their sacred cultural activities are safeguarded. The municipality is only involved from the perspective of the landowner of the site in question.
The legislation prohibiting open fires in this area is national legislation and the competency and mandate for initiation schools in the province resides with the Western Cape DCAS. Stellenbosch Municipality, as merely the landowner of this site, is obliged to uphold the legislation and act within the confines of the law.
The Municipality is aware of the illegal occupation of a piece of municipal property by an initiation school.
The Municipality was electronically served with an application for an urgent interdict to set aside the decision not to approve the initiation schools on the 3 sites that were requested.
The High Court did not hear the matter and stood the matter down to allow the municipality and other defendants to file papers in two days. The municipality has opposed the application when we were served and is preparing our papers. Until the court makes a decision, no approval for the initiation schools on the 3 sites exists.
The SAPS refuses to remove the illegal occupants and we will hold them responsible for any potential damage that occurs due to the illegal occupation.
DCAS has provided the initiation schools with alternative sites but this was refused by the schools.
The court did not hear the matter on Friday as requested by the applicants. The court ruled that the applicants did not prove urgency and the matter was referred to the semi- urgent court roll.
We, on advice from our legal team, closed the gates to the area to prevent further access until the matter was heard by the courts. We were informed that the group complained to the MEC Environmental Affairs that they now do not have access to water and we then provided a small tanker with water at the entrance until the court hears the matter.
Parties are currently finalising papers for the court to hear the matter on the semi urgent roll – a date for this has not yet been set.







I am a resident of Ida’s valley,and a woodmaker,I earn my money,by making wood,but we as the woodmaker community,was suddenly denied acces to to go make wood on the brink of December month not knowing,what to do to feed our children during December,it’s unacceptable,what about does our minisipality think of its residents,to so easily give into demands,from people not even,residing in our community