Kylemore se trots na Chile
Ethan Scheepers
George Lee Erasmus (28), ‘n ster-rugbyspeler van Kylemore, het onlangs na Chile vertrek om Stellenbosch se naam hoog te hou.
George Lee is ‘n jongman met ‘n groot passie vir rugby en sê dat niks hom sal keer om sy dorp trots te maak nie.
“My pa is my inspirasie,” sê George Lee , “En van ‘n jong ouderdom af het rugby altyd my hart geroer en sport en die kunste was nog altyd deel van ons familie. Dit is vir my ‘n uitdaging, maar ‘n geleentheid wat ek vir niks sal mis nie.”
Hy speel rugby danksy sy pa se aanmoediging. Sy pa het in sy jongdae ook rugby gespeel en toe Goerge Lee jonger was, was hy elke naweek saam met sy pa rugbyveld toe. Sy pa het later op die bestuur gedien en ook spanbestuurder geword en hulle het nbooit ‘n wedstryd gemis nie.
Sy eerste wedstryd was op 7-jarigre ouderdom vir Laerskool P.C Petersen in Kylemore en die wedstryd was op Kylemore se sportterrein.
Hy het ‘n groot passie vir rugby ern het altyd gedroom om eendag vir Kylemore in die rooi- en swart trui te speel. Sy drome om ook eendag vir die Bokke te speel, tesame met sy passie vir Kylemore, en die weerns om oorsee te gaan speel, het hom gedryf om nuwe hoogtes te bereik en nou in Chile te gaan meeding.
Hy gaan vir die volgende jaar by die klub Los Troncos in die dorp Conception speel.
George Lee sê dat hy nie vir ‘n beter gemeenskap as Kylemore kon gevra het nie.
“Die rugbyklub en gemeenskap, eintlik die hele Dwarsriviervallei, staan bankvas agter my. Kylemore se gemeenskap het van die lojaalste ondersteuners in die wêreld en ondersteun my van dag 1 af. Ek is so dankbaar vir hulle, my ouers en familie en vriende.”



