Bloemhoffers blink weer met matriekuitslae van 2024

Spog met 63 A-gemiddeldes
Die Hoër Meisieskool Bloemhof het op 14 Januarie die matriekresultate ontvang, en spog weer met ’n 100% slaagsyfer – 142 van die 142 kandidate slaag die NSS-eksamen in 2024. 141 van die 142 leerders (99,3%) slaag boonop met matriekvrystelling. Die Klas van 2024 se graadgemiddeld is 77,14% en 79,5% van die Bloemhoffers spog met ’n gemiddelde B-simbool of hoër. Daar is 63 A-gemiddeldes en 50 B-gemiddeldes.
Hierdie graadgroep het ook vir 583 vak A’s (3,82 per leerder) gesorg. Een kandidaat, Femke Boegman, slaag met 8 A’s – sy behaal onderskeidings vir Afrikaans Huistaal, English Home Language, Wiskunde, Lewenswetenskappe, Fisiese Wetenskappe, IGO, LWO en Ontwerpkuns.

Helena du Plessis (regs) en Sophia Botha deel vanjaar die nommer 1-klasposisie by Bloemhof. Hulle behaal elkeen ’n gemiddeld van 93,5%.
Helena du Plessis (links), Sophia Botha (middel) en Sanette Willemse is Bloemhof se toppresteerders.

Verder slaag 27 kandidate 7 A’s, 10 kandidate slaag met 6 A’s, 21 kandidate slaag met 5 A’s en 16 kandidate slaag met 4 A’s. Altesaam 52,8% van die graadgroep slaag dus met vier of meer A-simbole.
Die skool is vanjaar dubbeltrots op twee toppresteerders, Sophia Botha (hoofdogter in 2024) en Helena du Plessis wat elk ’n gemiddelde punt van 93,5% behaal het.

Femke Boegman het 8-A-simbole behaal. Foto’s: Stephan Meyer

Die volledige Top-20 (wat uit 33 leerders bestaan) is soos volg:
Sophia Botha, 93,5%
Helena du Plessis, 93,5%
Sunette Willemse, 92,17%
Gerda du Toit, 91,33%
Tayla Deerans, 91%
Zoe Nel, 91%
Luné Engelbrecht, 90,83%
Mignonne de Beer, 90,33%
Minke Gouws, 90,33%
Anke Geldenhuys, 90,17%
Loey Stemmet, 90,17%
Anandie de Waal, 89,50%
Delia Giliomee, 89,00%
Cara Siebert, 89,00%
Janke Marais, 87,50%
Mia Cornelissen, 87,17%
Julia Brugman, 86,67%
Inge Oosthuizen, 86,67%
Anika Hefer, 86,33%
Stephanie Kolbé, 86,17%
Emily de Jongh, 86,00%
Mia Maritz, 86,00%
Kara Bestbier, 86,67%
Jenna-Timae du Preez, 85,67%
Martinic Basson, 85,50%
Femke Boegman, 85,50%
Juliet de Jager, 85,50%
Marizaan Nortier, 85,50%
Marje Boegman, 85,33%
Leandri van Niekerk, 85,33%
Therina de Bruin, 85,00%
Amelie Morgan, 85,00%
Chané Smit, 84,67%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!