Brand in Banhoek bestry
Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se brandweerdienste en hul vennote bestry tans ‘n bergbrand in die Banhoekvallei, Stellenbosch.
Ses brandbestrydingsvoertuie met bemanning, saam met twee gekontrakteerde grondspanne van NCC en een van Lewis Bush Clearing, is op die toneel.
Lughulpbronne is ontplooi. Stellenbosch Munisipaliteit se brandweerdienste ondersteun die brandbestrydingspogings met eiendomsbeskerming.

