Gholfspan wen SA kampioenskappe
Die eerste gholfspan van het die afgelope week daarin geslaag om die SA Skole gholfkampioenskappe in Middelburg te wen. Die laaste keer wat die skool dit kon vermag was in 2022.
Ses-en-twintig skole het deelgeneem en die PRG-span het met hul telling van -13, ʼn 9-hou-voorsprong teenoor Menlopark Hoërskool, in die tweede plek, aangeteken.
Nicolas van der Vyver het algeheel in ʼn gesamentlike eersteplek geëindig en ʼn uitstekende -9 aangeteken. Die span het bestaan uit Andries en Nicolas van der Vyver, Alex Frankel en Booyë Walters.
(Op die eerste foto van links is Alex, Nicolas, Andries en Booyë)
Foto 2 is afrigter Anna Becker-Frankel ook by

