Thys Lombard sterf tragies by jaarlikse Vintners

Bekende Stellenbosse wynlegende en sportfotograaf sterf onverwags

Thys Lombard (61), internasionale bemarkingsbestuurder van die Oldenburg-landgoed op Stellenbosch is Vrydag op Jongensfontein tydens die jaarlikse Vintners Surf Classic oorlede. Die omstandighede van sy dood is nog onseker.

Gerugte wil dit hê dat Thys in die water bewusteloos geraak het en dat mede-branderplankryers en lede van die NSRI hom uit die see gehaal het. Novus Media berig dat Craig Lambinon, ‘n woordvoerder van die nasionale seereddingsinstituut (NSRI), gesê het dat Thys ten tyde van die voorval aan ‘n branderplankkompetisie deelgeneem het. Lambinon sê dit blyk dat die hy bewusteloos geraak het terwyl hy branderplank gery het. Die NSRI se span in Stilbaai is omstreeks 14:00 na Sandstrand ontbied.

Volgens Lambinon het die NSRI-reddingsvaartuig Breede Rescuer, wat reeds in die omgewing was, na die toneel gehaas en twee bemanningslede het na die kus geswem om met die kardiopulmonale resussitasie (KPR) pogings te help. NSRI-bemanningslede en paramedici van die Wes-Kaapse regering se nooddienste het ook op die toneel opgedaag.

Ondanks uitgebreide KPR-pogings is hy op die toneel dood verklaar. Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek begin. Die man se liggaam is aan die polisie en die regering se forensiese patologiedienste oorhandig.

Thys en Markus Muller, nuwe rugbyster, wat hy sedert sy skooldae gevolg en afgneem het – soos so baie ander…

Danie Keet skryf:

Dis die feite in hierdie stadium.

Hoe groet ‘n mens ‘n vriend, kollega, raadgewer, mentor en sommer net ‘n “nice” ou wat so skielik uit die lewe geneem word?

Ek en Thys het mekaar leer ken toe ek redakteur van Eikestadnuus op Stellenbosch was. Van die begin van my tyd daar, was Thys betrokke. As leermeester en raadgewer oor goeie foto’s, om die oomblik vas te vang en op die regte aksie te fokus. Sy foto’s het menige uitgawe op die agterblad en voorblad gepryk. Sy trots, sy werk, sy  passie…

Saam het ons die eerste digitale nuusbrief van die koerant, en sommer ook van Boland Koerante Groep,  beplan, opgeneem en versend…baanbrekerswerk met sy kennersoog en raad wat dit iets besonders gemaak het. en iets wat hy weekliks help doen het sonder om daarvoor vegroed te word.

Saam het ons talle wedstryde van die Varsitybeker op Coetzenburg gedek. Het met sy lang lense, kennis van die sport en die spelers en ook sy groet van bekendes op die pawiljoene – met wie hy altyd ‘n woordjie gaan wissel het.

Nadat hy by Oldenburg begin het, was ons ook gereeld bymekaar en het ons stories oor wyn geskryf – hy het natuurlik die foto’s en video’s verskaf, maar ook deure oopgemaak, sonder om iets terug te verwag.

En dan met die Vinters Classic het ons altyd gereël dat die gebeurtenis gedek sal word – hy het sommer die berig self geskryf, uitslae saamgestel en dan die mees ongelooflike aksiefoto’s verskaf.

En hy het baie vertel van hoe hy en sy seun, Malan, saam by Koeëlbaai gaan branders ry het – body surf, soos ons dit ken, met sy GoPro in die hand om self die aksie in en onder die water vas te vang.

Seker heel gepas was sy laaste plasing die van ‘n video op die eerste dag van die 2026-Vintners – iets waarvoor hy so lief was. Seker ook gepas dat hy weg is toe hy gedoen het waarvoor hy so lief was…

Totsiens ou Thys – jy was ‘n great ou en het soveel inspirasie aan my verskaf….ek is hartseer oor jou, maar dink ook aan jou naastes wat ‘n eggenoot en pa met soveel omgee verloor het ….

Hieronder is enkele gedagtes van mense wat Thys ook geken het:

Marco Botha, sportkommentator:

Koebaai, Thysie. Ons laaste prentjie saam vroeër vanjaar en ons tweede laaste gesels. Ek gaan jou mis, kameraad. Jou gees was sag, jou hart groot, en jou gawe die vaslê van herinneringe. Ek wou jou Vrydagoggend bel om te hoor of jy nie agtermiddag ons Old Boys-wedstryd in die Agter-Paarl wil kom afneem nie, maar toe reken ek dis darem ’n onredelike laat versoek. Wens ek nou ek was ’n bietjie minder ordentlik, want jy sou ja gesê het, en dan kon ons darem nog ’n paar woorde gesels het. Rus sag, Thys Lombard.

 Tom Mason, friend

I lost a brother today, Thys Lombard, Ellens brother, suffered a suspected cardiac incident during a surfing competition today in Stillbay South Africa, attempts to revive him failed. As they say, best to go doing something you love. Thys will be sorely missed, one of the best guys I ever met and one of my best friends, you go ahead great man we will meet again.

 Duitser Bosman, VarsityBeker-goeroe:

Thys het geweet hoe om die oomblik vas te vang deur sy lens … Thys, het sy lewe gewei aan sportfotografie en sportvideos … veral skolesport.  RIV groot Gimmie … RIV Groot Mens. Dankie vir jou vriendskap, en jou mooi hart.

Niel Germishuys, friend

SHATTERED

This can’t be real.

Your words are still fresh in my ears from this morning’s chat.

PELLIE… Why you?

RIP MY FRIEND

Michelle Smith, friend

So unbelievably tragic – he was such a wonderful person. Full of the joys of life and sports.

My thoughts go to his wife who he was so close to – and his kids whom he absolutely adored.

Servaas Alexander Hofmeyr, former colleague

I’m shocked. So sudden. Thys’ tenure as general manager at TOKARA overlapped with my last bit as a sales & tasting assistant there back in 2009. Incredibly humble and personable guy who would always pop by and have a chat with the staff, encouraging us. I bumped into him from time to time since and he was always the same welcoming person who took the time to have a chat. Someone I didn’t know very closely but had a lot of respect and appreciation for at the same time. Loved following his school sports videography.

 

Foto’s: Verskaf en Facebook

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!