Kanonkop-plaaswerker kraai koning in landboukompetisie

Stellenbosse landbougenootskap skryf wenner in

Marcus Lewis van die plaas Kanonkop net buite Stellenbsoch, is vanjaar se algehele streekswenner van die prestige landboutoekennings, aangebied deur die Satellenbosch-landbougenootskap. Dit word deur die Wes-Kaapse departement van landbou en Shoprite gefiansier.

Lewis was ook die kategoriewenner in die junior bestuursafdeling. Hy het het hierdie gesogte toekenning tydens die glansgeleentheid op Donderdag, 30 Julie 2026 by die Doornbosch-sentrum ontvang.

Die Stellenbosch-streek se prestige landboutoekennings i s oook bygewoon deur  verskeie produsente en ingeskrewe deelnemers.

Die Stellenbosch-streek het vanjaar ’n totaal van 100 inskrywings van deelnemende plase ontvang.  Van die deelnemers was 20 dames en 80 mans, terwyl daar hierdie jaar 42 nuwe deelnemers was wat vir die 2026-toekennings genomineer is. Die Stellenbosch-streek is reeds vanaf 2008 by die kompetisie betrokke en het met 36 deelnemers begin.

V.l.n.r: Burgemeerster Elna von Schlicht, Leonie Pietersen (Vergelegen), Izak Basson (Meerlust), Marvin Abrahams (Kanonkop), Ncediwe Futshane (Hartenberg), Renitha Booysen (Kanonkop), Marcus Lewis (Kanonkop), Akhona Songelwa (Hartenberg), Simon Xelelo (Vergelegen), Riaano Julies (Delheim), Burgemeester Fassser. Voor: Anneline Haas (Villiera Wines) en Thembisa Masina (Taaibosch)

Sukses

Marcus het in 2018 as tweede naaswenner geëindig in die kategorie vir tegniese operateurs en het in 2019 die kategorie gewen. In 2024 het hy dié prestasie weer herhaal. In 2025 wen hy die voorman-kategorie en hierdie jaar wen hy die junior bestuurskategorie en is ook as die algehele wenner aangewys.  Lewis was ook op 6 Februarie 2025 die eerste ontvanger van die Wynoesherdenkingsgeleentheid se wyn-agriwerker van die jaar-toekenning op Groot Constantia vir sy jare lange prestasies en tegniese kundigheid in die wynbedryf.  Een van die hoogtepunte in sy loopbaan was sy deelname in 2015 aan die Boergondië, Frankryk, se kelderwerker-uitruilprogram.

Ondanks al sy toekennings, bly Marcus ‘n nederige mens wat ander inspireer en aanmoedig om deur opleiding en harde werk ook sukses te bepaal.

Die ander kategorie wenners is: Algemene Werker: Ncediwe  Futshane van Hartenberg, drywer: Simon Xelelo van Vergelegen, diereproduksie: Akhona Songelwa van Hartenberg, besproeiingspesialis: Marvin Abrahams van Kanonkop, tegniese operateur: Leonie Pietersen van Vergelegen, sosiale ontwikkeling: Anneline Haas van Villiera Wines, administratiewe personeel: Renitha Booysen van Kanonkop, voorman/-vrou: Riaano Julies van Delheim, junior bestuur: Marcus Lewis van Kanonkop, middelbestuur, Thembisa Masina van Taaibosch.

Die beste presterende plaas is Meerlust met 6 toekennings en die beste potensiaal het gegaan aan Leonie Pietersen van Vergelegen. Twaalf van die toekennings het gegaan aan persone wat vir die eerste keer ingeskryf het.

Al die wenners gaan aan die provinsiale kompetisie deelneem later hierdie jaar en ons wens hulle alle sukses en voorspoed toe.

Op die foto v.l.n.r. is burgemeester Jeremy Fasser, burgemeester Elna von Schlicht, Marcus Lewis, Jacqueline Pandaram (Wes-Kaapse department van landbou), Arnold Minnie van Shoprite, en Emile van der Merwe van die Stellenbosse Landbougenootskap.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!