Vielen dank, frau Combrink!

Bloemhoffers vaar puik in Duitsolimpiade

Eins, Zwei, Drei, Vier…  Vier leerders van die Hoër Meisieskool Bloemhof het in 2020 aan die Duitsolimpiade deelgeneem en al vier het in die top 10 geëindig.

Anna-Mart Louw beklee met met 97,67% die nommer 1-posisie, terwyl Ané Serfontein (95,67%) en Emma Berry (93%) onderskeidelik vierde en vyfde is. Mienja Strauss is met 90,3% in die negende posisie.

“Dis ’n groot eer om eerste in die land te wees,” sê Anna-Mart, “maar Frau Combrink, ons Duitsjuffrou, verdien vielen dank. Sy is nie net ’n uitstekende opvoeder nie, maar ondersteun ons en moedig ons aan om die beste te wees wat ons kan wees.”

Anna-Mart Louw. .Foto : Stephan Meyer

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!