Bloemhoffers kry 63 A-gemiddelde simbole

Amper een uit elke twee Bloemhoffers slaag met ’n gemiddelde A

63 van die Hoër Meisieskool Bloemhof se 130 NSS-eksamenkandidate het met ’n gemiddelde A-simbool geslaag – dit is 48,5% van die klas.

Leerders kon op 23 Februarie hul uitslae by die skool kom afhaal en was verheug om te hoor dat Bloemhof weer ’n 100%-slaagsyfer het. Boonop het 128 van die 130 leerders toegang tot graadstudies gekry.

Sibbie Smith, met ’n gemiddeld van 95,17%, is 2020 se Dux-leerling, terwyl Cimòn van der Westhuizen slegs ’n haarbreedte, op 95,00%, die tweede klasposisie beklee.

Een leerder, Karli van den Berg, het met 8 A’s geslaag, terwyl 34 leerders met 7 A’s, 15 met 6 A’s, 12 met 5 A’s en 10 met 4 A-simbole spog.

Bloemhoffers het ’n totaal van 548 A’s ingepalm – ’n gemiddel van 4,215 onderskeidings per leerder.

Die 63 A-kandidate het op 1 Maart, tydens ’n spesiale seremonie, elk ’n pêrelhangertjie ontvang. Een van die leerders, Rochelle Pienaar, kon nie die geleentheid bywoon nie en het haar ouma, me. Brieta Roux – ’n oudbloemhoffer wat in 1948 gematrikuleer het – gevra om die hangertjie namens haar te ontvang.

’n Opsomming van Bloemhof se matriekuitslae is as volg:

Die beste nuus is – 100% slaagsyfer – 130 van 130 kandidate slaag

  • 5% matrikulasievrystelling – 128 van die 130 kandidate
  • 63 van die 130 kandidate (48,5%) slaag met ’n A-simbool
  • 22 leerders behaal ’n gemiddeld van 75-79%
  • 106 van die 130 kandidate (81,5%) slaag met ’n B-simbool of hoër
  • Graadgemiddeld: 78,5%
  • 548 A’s oor 22 vakke (’n gemiddeld van 4,2 per kandidaat)
  • 13 van die 22 vakke het vakgemiddelde bo 80%
  • 17 van die 22 vakke het vakgemiddelde bo 75%
  • 21 van die 22 vakke het vakgemiddelde bo 70%
  • 1 leerder – Karli van den Berg – slaag met 8 A’s
  • 34 leerders slaag met 7 A’s
  • 15 leerders slaag met 6 A’s
  • 12 leerders slaag met 5 A’s
  • 10 leerders slaag met 4 A’s

TOP 10-LEERDERS:

  1. Sibbie Smith 17%                        7A’s
  2. Cimòn van der Westhuizen 00%   7A’s
  3. Jana Swanepoel 83%                   7A’s
  4. Vitske van Zyl 92,67%                  7A’s
  5. Lara Möller 92,50%                      7A’s
  6. Nerine de Vos 17%                      7A’s
  7. Lize Louw & Ami Lubbe 50%       7A’s elk
  8. Janneke Appelgryn 33%              7A’s
  9. Karli van den Berg & Denise van Kamp 17%  8 en 7A’s onderskeidelik
  10. Nichola Viviers 91,00%                7A’s
    Agter is Anna-Mart Louw en Ané Serfontein, voor links sit Mienja Strauss en langs haar sit Emma Berry. Foto’ Stephan Meyer
    Rochelle Pienaar kon nie die geleentheid bywoon nie en het haar ouma, Brieta Roux, ’n oud-Bloemhoffer wat in 1948 gematrikuleer het, gevra om die hangertjie namens haar te ontvang. Foto: Stephan Meyer
    Karli van den Berg wag om haar pêrelhangertjie te ontvang. Foto: Stephan Meyer
    Rochelle Pienaar, kon nie die geleentheid bywoon nie en het haar ouma, Brieta Roux, ’n oud-Bloemhoffer wat in 1948 gematrikuleer het, gevra om die hangertjie namens haar te ontvang.

    Sibbie Smith is 2020 se Dux-leerder. By haar op die verhoog sit haar klasmaats wat ook met ’n A-gemiddeld geslaag het. Wilna van Heerden (skoolhoof) klap saam vir Sibbie hande. Foto Stephan Meyer

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!