Die eerste o./19-tennisspan van Paul Roos was onlangs in aksie by die 25ste Kearsney-tennis fees in Kwazulu-Natal. Die span het die toernooi onoorwonne afgesluit deur Grey College in die finaal met 6 -1 te klop.
Die span het voortgebou op hul pragvertoning by die Zest Fruit Gerrie Berner-toernooi ‘n maand gelede en weer geen wedstryd verloor nie.
Die uitslae is:
PRG wen Clifton 7 – 2
PRG wen Rondebosch 8 -1
PRG wen Affies 8 – 1
PRG wen Westville 6 – 0 (semi-finaal)
PRG wen Grey College 6 – 1 (finaal)
By die prysuitdeling is Stephen Claassen aangewys as die beste nr 2, Johan van Wijk die beste nr 3, Leonardo Sola die beste nr 4 en Willem de Waal die beste nr 5. Die ander spanlede was Ernst Gouws en Jake Downie.
Willem de Waal is ook onlangs aangewys as die nuwe o./14 Suid-Afrikaanse enkelspel-tenniskampioen.

Voor van links is Johan van Wijk, Ernst Gouws en Willem de Waal.

