‘n Onbekende vrou het vroeg vanoggend gesterf in ‘n gru-ongeluk op die Polkadraaipad buite Stellenbosch.
Volgens ‘n woordvoerder van die Stellenbosse verkeersdepartement het ‘n motor by die kuising van die M12 Polkadraaipad en Vlaebergpad teen ‘n ander voertuig gebots. Die een voertuig het uit die Vlaebergpad gekom en teen die ander een wat wat in die rigting van Stellenbosch op die Polkadraaipad gery het, gebots.
‘n Vrou in die VW Polo wat vanaf die Vlaebergpad gekom het en skynbaar onderweg was in die rigting van La Provenceweg, is in die ongeluk noodlottig beseer, terwyl twee vrouens in die ander voertuig ook beseer en na ‘n nabygeleë hopsitaal vervoer is.
Reddingspersoneel was lank op die toneel besig om die beseerdes te behandel en die pad skoon te maak.
‘n Ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is van stapel gestuur.


