Leerstoel gaan vrugtefoute naspoor

Vrugtebedryf kry hupstoot danksy nuwe US-navorsingsleerstoel

“Dis ‘n inisiatief wat ons kennis oor die hantering van sagtevrugte nadat dit geoes is wesenlik gaan help verbeter. Dit sal uiteindelik vir produsente én verbruikers tot groot waarde wees.”

So sê leiers in die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf oor die daarstelling van die nuwe naoes fisiologie navorsingsleerstoel in sagtevrugte. Die werksaamhede daarvan staan onder leiding van dr. Elke Crouch, ‘n senior lektor in die Universiteit Stellenbosch (US) se departement hortologie.

Crouch fokus op maniere waarop fisiologiese probleme uitgeskakel kan word wat soms intree wanneer appels en pere, nadat dit gepluk is, ryp word of opgeberg word. Dit sluit interne verbruining en vlekke op die skil van vrugte in. Sy soek ook na maniere om vrugte se kwaliteit te handhaaf na afloop van die oes daarvan totdat verbruikers dit kan geniet. Haar werk fokus ook toenemend op kondisies wat ontwikkel terwyl vrugte nog aan die boom is.

“Vir my lê die interessante daarin om uit te vind hoekom iets verkeerd loop, en dan maniere te vind om dit reg te stel,” verduidelik sy die ingesteldheid waarmee sy haar navorsing benader.

Crouch beklee sedert 2003 ‘n pos aan die US oor verwante na-oes navorsing. Dié word reeds sedert die 1980’s befonds danksy ‘n belegging wat sy ontstaan het uit ‘n skenking deur die vrugtebedryf se Molteno-en Lombarditrusts. Hortgro, die bedryfsliggaam vir sagtevrugte in Suid-Afrika, het ook vanjaar begin om ‘n bydra tot die pos te maak. Dié besluit het uiteindelik tot die daarstelling van die leerstoel gelei.

Vir Crouch is die leerstoel nie net ‘n geleentheid om waardevolle, praktiese navorsing te doen nie, maar ook een waardeur sy toekomstige bedryfsleiers kan oplei en selfs groter interaksie met die vrugtebedryf en ander plaaslike en internasionale navorsingsgenote kan verseker.

“Die toekoms van navorsing is beslis om toenemend oor grense heen te werk. Ons moet saamwerk in ons soeke na oplossings vir byvoorbeeld die impak wat klimaatsverandering op die gehalte van vrugte kan hê, en die hantering en analise van groot datastelle daaroor,” vertel sy.

Belang vir bedryf

Volgens prof. Wiehann Steyn, algemene bestuurder van Hortgro Science, is die bedryfsliggaam se ondersteuning van die nuwe leerstoel maklik gegewe die hoë gehalte van praktiese navorsing wat Crouch reeds jarelank aan die bedryf lewer. Hy hoop dit sal haar loopbaan as senior akademikus bevorder.

Hy beskryf Crouch as ‘n passievolle, gedetailleerde navorser “wat altyd 110% gee en daarby ook ‘n baie goeie dosent is wat al ‘n generasie studente begeester het om ‘n loopbaan in naoesverwante aspekte in die vrugtebedryf te volg”.

“Naoesfisiologie is ‘n kritiese kennisarea, maar daar is min plaaslike kapasiteit daarin. Deur die leerstoel te ondersteun wil Hortgro verseker dat die bedryf op genoegsame kapasiteit deur middel van kenners en kennis kan staatmaak om tergende bedryfsprobleme aan te spreek,” vertel Steyn, wat benewens sy betrokkenheid by Hortgro Science ook ‘n buitengewone professor aan die US departement hortologie is.

“Samewerking met kennisvennote soos die US deur gesamentlik poste en geleenthede te befonds versterk beslis ons doelstelling rondom verwante inisiatiewe.”

“Ek kan nie aan ‘n beter voorbeeld van gebruiksgeïnspireerde basiese navorsing dink as juis hierdie nuwe leerstoel in die departement hortologie nie. Hierdie vennootskap tussen ‘n belangrike sektor soos die vrugtebedryf en die US ondersteun basiese en toegepaste navorsing om kennis op ‘n spesifieke gebied suksesvol en betekenisvol uit te brei,” sê prof. Eugene Cloete, vise-rektor: navorsing, innovasie en nagraadse studies aan die US.

Melerigheid en verbruining

Crouch, haar nagraadse studente en bedryfsvennote se navorsingswerk, het reeds gelei tot talle verslae wat praktiese riglyne vervat. Dit sluit in een oor die korrekte metodes rondom die langdurige berging in beheerde atmosfeer koelkamers van ‘Cripps Pink’- en ‘Granny Smith’- appels. ‘n Ander kyk weer na hoe die hoeveelheid skadu wat ‘Forelle’-pere kry melerigheid in die vrugte veroorsaak.

Sy het reeds in haar eie PhD-studies bevind hoedat melerigheid by ‘Forelle’ ontwikkel. Daarna het navorsing oor maniere om dit uit te skakel gevolg.

Crouch het ook riglyne help skep vir die oes en naoesbestuur van appelkultivars soos ‘Fuji’ en ‘Cripps Pink’ om interne verbruining dramaties te voorkom.

“Dis ‘n onaangename verrassing om in ʼn skynbaar perfekte vrug te byt en dan sien dat die binnekant verbruin het. Dit proe ook sleg. Die koste daarvan vir ons bedryf is enorm, beide in terme van verlies aan inkomste en verlies aan markreputasie,” verduidelik Steyn die belang van hierdie navorsing.

Tans word Crouch se navorsingsgroep deur Hortgro befonds om oppervlakkige brandvlek op kultivars soos ‘Granny Smith’-appels te ondersoek, en maniere te soek om dit te beheer. Dié suiwer kosmetiese vlekke doen nie afbreuk aan hoe ‘n vrug proe nie, maar verbruikers trek maklik hul neuse daarvoor op. Die optimale toestande waaronder vrugte gestoor moet word om enige naoes verliese uit te skakel, word ook bestudeer deur gebruik te maak van die jongste beheerde atmosfeer-koelkamerstegnologie.

Sy het in 2008 die eerste kortkursus in naoes fisiologie vir die Suid-Afrikaanse varsproduktebedryf ingestel. Dit vind vanjaar weer tussen 6 en 8 Julie 2021 plaas.

Dr. Esmé Louw, voorsitter van die US departement hortologie, sê die leerstoel bied aan Crouch bykomende loopbaangeleenthede deurdat sy sterk nagraadse studente na haar navorsingsgroep kan lok, en wyer skakeling met relevante navorsingspanne wêreldwyd kan bewerkstellig.

Crouch bestudeer tans saam met die toonaangewende naoesnavorsingspan van die Universiteit van Leuven in België gasdiffusie binne appels en pere, sodat verskeie naoesdefekte in die vrugte beter verstaan en aangespreek kan word. Onder haar plaaslike vennote tel kollegas aan die US, ExperiCo Agri-Research Solutions, die Landbounavorsingsraad en die Universiteit van Wes-Kaapland.

Meer oor dr Elke Crouch

  • Sy het die graad BScAgric (Hortologie) in 1999 aan die Universiteit Pretoria verwerf, asook ‘n MScAgric (in 2002) en ‘n PhD-graad (in 2011) aan die Universiteit Stellenbosch.
  • Sy doseer naoes fisiologie en tegnologie aan US-finalejaarstudente in die graadprogram BSc.(Agric) Hortologie.
  • Sy bied reeds sedert 2003 raad aan die vrugtebedryf as lid van inisiatiewe soos die Hortgro Science eweknie werksgroep, die pakhuis-aksiegroep, en die Store-It-groep.
  • Crouch dien op die uitvoerende komitee van Pink Lady SA, en was voorheen raadslid van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Tuinbouwetenskappe.
  • Sy is hooforganiseerder van die 14de Internasionale Peersimposium, wat vir 2023 op Stellenbosch beplan word.
Dr. Elke Crouch lei die nuwe Naoes Fisiologie Navorsingsleerstoel in Sagtevrugte aan die Universiteit Stellenbosch. Foto: Engela Duvenage
ie bekendstelling van dr. Elke Crouch (derde van links) se Naoes Fisiologie Navorsingsleerstoel in Sagtevrugte aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Hortologie is bygewoon deur (van links) mnr. Linde du Toit (lid van Hortgro Science se adviesraad en raadslid van die Kernvrugprodusenteraad), mnr. Hugh Campbell (Hortgro Technical: algemene bestuurder), prof. Wiehann Steyn (Hortgro Science: algemene bestuurder), mnr. Nicholas Dicey (voorsitter van Hortgro en van Hortgro Pome) en prof. Karen Theron (Leerstoel in Toegepaste Voor-oes Sagtevrugtenavorsing aan die US). Foto: Engela Duvenage
Media-navrae:
Dr Elke Crouch
Naoes Fisiologie Navorsingsleerstoel in Sagtevrugte
Departement Hortologie
Universiteit Stellenbosch
elke@sun.ac.za
082 8184631
Martin Viljoen
Manager: Media | Bestuurder: Media
Corporate Communication and Marketing | Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
e: viljoenm@sun.ac.za | t: +27 21 808 4921 | c: +27 82 775 2396 a: Admin B, Victoria Street | Victoriastraat
The integrity and confidentiality of this email are governed by these terms. Disclaimer
Die integriteit en vertroulikheid van hierdie e-pos word deur die volgende bepalings bereël. Vrywaringsklousule
4 Attachments
danie keet
07:27 (1 hour ago)
Hi Engela Die groepfoto is nie aangeheg nie?
danie keet
07:28 (1 hour ago)
Skuus..Martin…?
Viljoen, Martin [viljoenm@sun.ac.za] <viljoenm@sun.ac.za>
Attachments
08:40 (4 minutes ago)
to me
Translate message
Turn off for: Afrikaans
From: danie keet <daniekeet62@gmail.com>
Sent: Thursday, 27 May 2021 7:28 AM
To: Viljoen, Martin [viljoenm@sun.ac.za] <viljoenm@sun.ac.za>
Subject: Re: Mediavrystelling: Vrugtebedryf kry hupstoot danksy nuwe US-navorsingsleerstoel aan dr Elke Crouch
CAUTION: This email originated from outside the Stellenbosch University network. Do not click links or open attachments unless you recognize the sender and know the content is safe.
Skuus..Martin…?
Image removed by sender.
ie bekendstelling van dr. Elke Crouch (derde van links) se Naoes Fisiologie Navorsingsleerstoel in Sagtevrugte aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Hortologie is bygewoon deur (van links) mnr. Linde du Toit (lid van Hortgro Science se adviesraad en raadslid van die Kernvrugprodusenteraad), mnr. Hugh Campbell (Hortgro Technical: algemene bestuurder), prof. Wiehann Steyn (Hortgro Science: algemene bestuurder), mnr. Nicholas Dicey (voorsitter van Hortgro en van Hortgro Pome) en prof. Karen Theron (Leerstoel in Toegepaste Voor-oes Sagtevrugtenavorsing aan die US). Foto: Engela Duvenage
Media-navrae:
Dr Elke Crouch
Naoes Fisiologie Navorsingsleerstoel in Sagtevrugte
Departement Hortologie
Universiteit Stellenbosch
elke@sun.ac.za
082 8184631
Martin Viljoen
Manager: Media | Bestuurder: Media
Corporate Communication and Marketing | Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
e: viljoenm@sun.ac.za | t: +27 21 808 4921 | c: +27 82 775 2396 a: Admin B, Victoria Street | Victoriastraat
The integrity and confidentiality of this email are governed by these terms. Disclaimer
Die integriteit en vertroulikheid van hierdie e-pos word deur die volgende bepalings bereël. Vrywaringsklousule
4 Attachments
danie keet
07:27 (1 hour ago)
Hi Engela Die groepfoto is nie aangeheg nie?
danie keet
07:28 (1 hour ago)
Skuus..Martin…?
Viljoen, Martin [viljoenm@sun.ac.za] <viljoenm@sun.ac.za>
Attachments
08:40 (5 minutes ago)
to me
Translate message
Turn off for: Afrikaans
From: danie keet <daniekeet62@gmail.com>
Sent: Thursday, 27 May 2021 7:28 AM
To: Viljoen, Martin [viljoenm@sun.ac.za] <viljoenm@sun.ac.za>
Subject: Re: Mediavrystelling: Vrugtebedryf kry hupstoot danksy nuwe US-navorsingsleerstoel aan dr Elke Crouch
CAUTION: This email originated from outside the Stellenbosch University network. Do not click links or open attachments unless you recognize the sender and know the content is safe.
Skuus..Martin…?
Die bekendstelling van dr. Elke Crouch (derde van links) se Naoes Fisiologie Navorsingsleerstoel in Sagtevrugte aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Hortologie is bygewoon deur (van links) Linde du Toit (lid van Hortgro Science se adviesraad en raadslid van die Kernvrugprodusenteraad), Hugh Campbell (Hortgro Technical: algemene bestuurder), prof. Wiehann Steyn (Hortgro Science: algemene bestuurder), Nicholas Dicey (voorsitter van Hortgro en van Hortgro Pome) en prof. Karen Theron (Leerstoel in Toegepaste Voor-oes Sagtevrugtenavorsing aan die US). Foto: Engela Duvenage

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!