Eerste Drostdy-optredes groot sukses

Musiekleerders lewer uitvoerings by Drostdy-kompetisie

Altesaam 20 musiekleerders van die HMS Bloemhof het verlede week aan die eerste Drostdy-musiekkompetisie by Oude Nektar deelgeneem.

Dié kompetisie is deur Paul Roos Gimnasium van stapel gestuur om aan Stellenbosch se skoolgaande musici die geleentheid te gee om hul repetorim voor ’n gehoor uit te voer ter voorbereiding vir uitvoerings wat later vanjaar geëksamineer word.

“Leerders kon in junior en senior katagorieë vir klassieke sang, populêre sang, klavier, Instrumentaal, waar orkesinstrumente gespeel word, en ’n kategorie vir kitaar en tromstel inskryf,” verduidelik Christo Janse van Rensburg (Bloemhofopvoeder en vakhoof: musiek).

“Bloemhof het deelnemers in die eerste vier katagorieë gehad. Leerders van Hoërskool Stellenbosch, Rhenish Girls’ High School en Paul Roos Gimnasium het ook onder die deelnemers getel.

Ses Bloemhoffers het onder die top drie kandidate in hul kategorieë geëindig: Gina Norton (1ste senior klassieke sang), Annabelle van Zyl (2de, junior populêre sang), Minette Lambrechts (3de,  senior klassieke sang), Trazy Prins (3de, senior populêre sang), Ashleigh Adriaanse (3de, senior instruentaal) en Karla Burnett (3de, junior klavier).

Die beoordelaars, almal kundiges in hul veld, was Mario Nell (klavier), Minette Pearce-du Toit (klassieke sang), Jak de Priester (populêre sang) en Geruan Geldenhuys (instrumenteel).

“Dit was goed vir leerders om ’n bietjie blootstelling aan die musikale vernuf van ons dorp se ander hoërskole te kry,” meen Janse van Rensburg. “Almal is dit eens dat die standaard van die deelnemers verbasend hoog was.”

Agter van links na regs is Annabelle van Zyl, Stefani Human, Karla du Toit, Christina van der Vyver, Minette Lambrechts, Chanté Britz, Gina Norton, Elsa-Marié van der Watt en Danelle Landman. Voor sit Nina Conradie en Karla Burnett. Foto: Stephan Meyer

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

One Reply to “Eerste Drostdy-optredes groot sukses”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!