Jong Bloemhof-wetenskaplike verteenwoordig SA

Catherine bult breinspiere met Ekspo-projek

Catherine Kies, ’n gr.10-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, het vir verlede jaar se Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes ’n projek ingeskryf wat gekies is om Suid-Afrika by die Global Youth Science and Technology Bowl (GYSTB) te verteenwoordig.

Haar projek behels die ontwerp en maak van ’n mio-elektriese handprostese. “Die elektriese impulse van die spier word deur die mikrorekenaar of mikroverwerker in seine omgesit wat gebruik word om die klou te beheer,” verduidelik sy. Wanneer sy haar vuis bal, maak die klou toe, sodra sy haar hand ontspan, maak die plastiek prostese weer oop.

“My volgende stap is om iets soos pressure sensors by te voeg sodat die klou byvoorbeeld ’n eier kan optel sonder om dit te breek,” sê Catherine. Sy meen haar navorsing kan handig wees vir iemand wat ’n ledemaat verloor het of dat die tegnologie gebruik kan word wanneer daar op ’n afstand met gevaarlike chemikalieë gewerk moet word.

Catherine is een van slegs ’n handvol Suid-Afrikaners wat gekies is om aan die GYSTB deel te neem. Dit vind vanjaar op 19 en 20 Junie virtueel vanuit Hong Kong plaas.

Catherine is een van slegs ’n handvol Suid-Afrikaners wat gekies is om later vanjaar in Hong Kong aan die GYSTB deel te neem. Foto: Stephan Meyer

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!