Vier al vas oor Mcako-moord
Borgtog van R5 000-00 elk en ‘n verhoor in die Hooggeregshof in Kaapstad op 11 Junie is wat wag op Nyaniso Jindela, onderburgemeester van Stellenbosch en sy vrou Unathi nadat hulle vandag in die landdroshof op Stellenbosch op aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg verskyn het.
Saam het hulle in die beskuldigdebank was Gladstone Relegu, ‘n taxibesturuder van Kayamandi wat op borgtog van R2 000-00 vrygelaat is.
Jindela en sy medebeskuldigdes is Dinsdag in hegtenis geneem vir die moord in 2019 op die voormalige onderburgemeester van Stellenbosch, Cameron Mcako.
Die staat het aanvanklik borgtog van R50 000-aangevra, maar na vertoë is dit na R5 000-00 verminder om die saak te bespoedig.
‘n Vierde verdagte en na bewering ‘n sluipmoordenaar, Phumlani Sibonge, het reeds in die Kaapse hooggeregshof verskyn in verband met die moord op Mcako.



