BREKENDE NUUS: Senior raadslid na bewering vas oor moord – DA bevestig voorval

‘n Senior raadslid van die Stellenbosch munisipaliteit is vanoggend in hegtenis geneem, na bewering op ‘n aanklag van onder meer moord.
Die arrestasie volg op ‘n ondersoek na die dood van die ondreburgemeester Cameron Mcako in 2019.na onrus en gevegte tussen faksies in Kayamandi en die nuutgestigte Azania, die informele nedersetting op die plaas van wyle Stefan Smit.
Volgens kol Andre Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, is die ondersoek na Mckako (52) se moord afgehandel en is drie verdagtes gisteraand (Dinsdag) gearresteer. Mcako is op 1 November 2019 by ‘n taverne in Kayamandi geskiet en het twee dae later in die hospitaal aan sy wonde beswyk.

 

Buiten die senior amptenaar, is sy vrou (56) en ‘n taxibestuurder (46) ook vir die moord aangekeer. Hulle sal na verwagting môre in die hof op Stellenbosch op aanklagte van moord en sameswering tot moord verskyn.

Stuart Grobbelaar, woordvoerder van die Stellenbosch-munisipalieit, het gesê hulle is bewus daarvan dat ‘n ampsdraer van die munisipaliteit deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) inhegtenis geneem is.

“Die individue het nog nie in die hof verskyn om te pleit nie en die aanklagte teen hom is nog nie bekend nie. Ons sal eers ‘n amptelike verklaring kan uitreik sodra dit gebeur het,” het Grobbelaar gesê.

 

Intussen het die Demokratiese Alliansie (DA) by monde van Albert Fritz, interim-leier van die DA in die Wes-Kaap, aan www.stellenboschmonitor.com bevestig dat die Stellenbosse onderburgemeester, Nyaniso Jindela, gister gearresteer is.

“Die party beskou  die saak in ‘n ernstige lig en ons wag om verdere inligting oor die saak en sal kommentaar lewer op sowel die interne as eksterne regsprosesse.

“Die DA is vol vertroue dat hierdie geen invloed op dienslewering in Stellenbosch sal hê nie en inwoners kan gerus wees dat munisipale bedrywighede funksioneel sal bly.”

 

One Reply to “BREKENDE NUUS: Senior raadslid na bewering vas oor moord – DA bevestig voorval”

  1. Wys maar net weer.. niemand soos in niemand
    moet in n pos in gestem word deur n handjie vol aanhangers nie.
    Sit sy kwalifikasies op die tafel.. ondersoek dit vir wettigheid en laat die bes gekwalifiseerde persoon met ondervinding in daardie veld. die pos vul

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!