Stellenbossers staan tou vir inentings

Nog meer seniors kry kans vir enting teen COVID-19

Talle Stellenbossers is onder die bykans 3 000 senior burgers in die Kaapse Wynland wat hul eerste van twee dosisse COVID-19-entings gekry het t– ‘n belangrike wapen teen die pandemie.

Aubrey Seigels (72) van Stellenbosch, was baie trots daarop om te kan sê hy is ook ingeënt teen COVID-19. “Dit is ‘n voorreg om op só ouderdom deel te kon wees van só progressiewe program. Ons almal kan baat daarby,” het hy gesê.

“My seun het my gehelp om te registreer,” het Maria van Heerden (70) van Stellenbosch gesê. Sy en haar man het onlangs hul 25ste huweliksherdenking gevier en hulle het dit as noodsaaklik beskou om geënt te word.

In die week van 24 Mei het gesondheidswerkers uitgereik na tehuise en aftreeoorde in die Breedevallei en Drakenstein en hier 1 621 mense geënt. Op 31 Mei is die uitreike uitgebrei na tehuise in Langeberg, Stellenbosch, Witzenberg, en lede van die publiek kon hul afsprake om geënt te word, opneem by spesifieke sentrums. Op hierdie dag is ‘n verdere 1 331 persone ingeënt: Breedevallei: 239, Drakenstein: 383, Langeberg: 255, Stellenbosch: 280 en Witzenberg: 170.

Hellen Bailey (62) van die Drakenstein is ‘n onderwyser en was baie bly dat sy op 31 Mei haar inenting kon kry, sodat sy met groter gerustheid kan skoolgee.

In die week van 7 Junie sal al meer van Wes-Kaap Gesondheid se klinieke, gemeenskaps-dagsentrums (daghospitale) en distrikshospitale COVID-19-entings bied en meer mense sal SMSe met afspraakbesonderhede ontvang. Mense wie opdaag vir hul afsprake, word geprioritiseer. ‘n Groot hoeveelheid van mense wie na fasiliteite gekom het vir inentings op die eerste dag, was mense sonder afsprake. Indien jy by ‘n fasiliteit opdaag sonder dat jy die SMS met jou afspraakbesonderhede ontvang het, moet jy wag en sal jy geënt word indien moontlik.

Teen die oggend van 1 Junie het net meer as 38% van mense in die ouderdomsgroep van 60 jaar en ouer, geregistreer vir enting. Die plaaslike span gesondheidswerkers vra entstowwe aan volgens die hoeveelheid mense wie geregistreer het, daarom is dit belangrik dat almal in hierdie groep wie graag die entstof wil ontvang, so gou as moontlik registreer.

 Hoe registreer jy?                                                                                                                           Bel *134*832# van jou selfoon af (dit is gratis). Volg die instruksies.

Jy kan ook registreer deur die woord ‘register’ stuur na 0600 123 456 op WhatsApp. Óf jy kan www.westerncape.gov.za besoek en klik op die skakel. Inwoners van die Breedevallei, Drakenstein, Langeberg en Stellenbosch kan na hul naaste biblioteek gaan en gebruik maak van die fasiliteite hier om via www.westerncape.gov.za te registreer.

Het jy hulp nodig? 

Bel 0860 142 142 indien jy sukkel om te registreer of as jy vrae het oor die registrasie-/vaksinering-proses.

Die jongste oor Covid-19                                                                                                                Daar is ‘n kommerwekkende styging in die Kaapse Wynland se COVID-19-syfers. Teen 31 Mei het meer as 500 mense van hier aktiewe COVID-19. Die grootste toenames van COVID-19 was in die Breedevallei (54%) en Drakenstein (55%), gevolg deur Stellenbosch (33%).

COVID-19 soos teen 31 Mei 2021
Kaapse Wynland DistrikTotale hoeveelheid gevalleMense wie herstel hetCOVID-19-verwante sterftes 

Aktiewe gevalle

Breedevallei9 1608 625432100
Drakenstein11 65210 999468185
Langeberg4 3494 11218354
Stellenbosch6 8876 520235132
Witzenberg50774 81622635
37 12535 0751 544506

Plaaslike moniteringspanne rapporteer dat daar tans geen groeperings van gevalle in die Kaapse Wynland nie, maar almal moet versigtig bly.

Vaksinering is een manier waarop gemeenskappe kan terugbaklei teen die virus. Terwyl enting aan meer en meer mense in die ouderdomsgroep van 60 jaar en ouer tans geënt word, vra ons dat mense van alle ouderdomme stappe neem om hulself te beskerm:

  • Dra jou masker.
  • Bly ‘n veilige afstand van ander.
  • Dink twee keer voordat jy uitgaan na ‘n geleentheid. By geleenthede waar groot groepe mense bymekaar is, is daar ‘n verhoogde risiko vir COVID-19 verspreiding.
  • Hou mekaar veilig deur tuis te bly as jy of iemand in jou gesin simptome het soos koorsigheid, diarree, grieperigheid of ‘n verlies van smaak- en reuk-sintuie.
  • Was of reinig gereeld jou hande.

Deur hierdie maatreëls te volg, skep jy ‘n buffer tussen jou en die virus. Rapporteer gevalle waar mense nie maatreëls volg nie by jou plaaslike polisiestasie. Rapporteer verskaffers van openbare vervoer wat oortree by *134*234#. Jy kan ook ‘n besigheid verkla by https://coronavirus.westerncape.gov.za/covid-19-business-safety-complaint-form.

Maria van Heerden (70) van Stellenbosch was een van die eerste senior burgers wat haar laat inent het.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!