Stellenbosse pinotage beter as ooit

Top 10 Pinotage-kompetisie verhoog deurlopend gehalte 

Pinotage-wyne uit die Stellenboschstreek het die jaarlikse Absa Top 10 pinotage-kompetisie heeltemal oorheers deur ses uit die 10 aangewysde wyne in te skryf.

Die Pinotage Assosiasie en Absa het pas die wenners van vanjaar se Absa Top-10 Pinotage-kompetisie aangekondig. Vanjaar is die 24ste jaar wat die gesogte toekennings sedert die kompetisie se ontstaan, toegeken word.

Die Absa 2021 Top-10  toekenningsfunksie was ‘n hibriede en sensoriese ondersoek na die beste pinotages wat Suid-Afrika kan lewer. Die wenners verteenwoordig verskillende Suid-Afrikaanse wyndistrikte; hoofsaaklik van Stellenbosch, maar ook van Breedekloof, kusstreke en Wellington, en meestal van die uitstekende oesjare 2018 en 2019.

Die toewyding van die wynmaker en wingerdboukundige om voortdurend te verbeter en aan te pas by die omgewing, word beklemtoon in die toekennings van hierdie jaar, wat fenomenale voorbeelde van pinotage verteenwoordig.

Die voorsitter en stigter van die Pinotage Assosiasie, Beyers Truter, het beklemtoon dat die 24-jarige verhouding met die belangrikste borg naamlik Absa, ‘n belangrike en uitstekende voorbeeld van samewerking is, nie net vir die vereniging en produsente nie, maar ook vir die borg. Hierdie verhouding het die internasionale en plaaslike bemarking van pinotage versterk. Hy het gesê dat Absa se jarelange verbintenis die kompetisie kommersieel lewensvatbaar vir enige wynlandgoed wat die Absa Top 10 betree, gemaak het.

Hierdie wyne word baie gewild en word in die meeste gevalle baie vinnig uitverkoop. Die impak van hierdie borgskap bevorder nie net die produsente en vereniging nie, maar ook Absa as ‘n bank.

“Die bank se betrokkenheid by ‘n variëteit soos pinotage, toon dat hy belangstel in landbou en in Suid-Afrika. En omdat pinotage die enigste Suid-Afrikaanse kommersieel beskikbare variëteit is, is ook voordelig vir hulle,” sê Truter. Die vennootskap het volgens hom nie net alleen pinotage uitgelig nie, maar ook het dit ‘n belangrike rol gespeel in die eerste klassifikasie van pinotage, naamlik Grand Pinotage.

Volgens Winnie Bowman, die sameroeper van die beoordelaarspaneel, was die keuse van vanjaar se Top-10 pinotage-kompetisiewenners ’n baie aangename taak. In die beoordelingsproses was hulle op soek na wyne wat spesifiek die tipiese kenmerke van pinotage bevat.

“Ons was ook op soek na wyne wat kan verouder, want as die wyn ‘n top tien plek kry, moet die wyn ouer kan word,” het sy gesê. Hoewel balans en struktuur die sleutel was, was die belangrikste faktor of die wynmaker werklik bereik wat hy/sy wou doen, naamlik om die suur, die vrugte en die tanniene van die wyn te trou.

“Ek kan sê dat ons baie opgewonde was oor die resultate, want dit toon dat die paneel konsekwent was in hul beoordeling van verlede jaar tot vanjaar. Ek beveel aan dat verbruikers uitkyk vir hierdie wyne, of eie wyne byvoeg sodat ‘n ander aspek van pinotage ervaar kan word.

Wenners van 2021

Beeslaar Pinotage 2018 – WO: Stellenbosch, Winemaker: Abrie Beeslaar

Beyerskloof Diesel Pinotage 2018 – WO: Stellenbosch, Winemaker: Anri Truter

Diemersdal The Journal Pinotage 2019 – WO: Durbanville, Winemaker: Thys Louw

Flagstone Writer’s Block Pinotage 2018 – WO: Breedekloof, Winemaker: Gerhard Swart

Francois van Niekerk Pinotage 2019 – WO Coastal, Winemaker: Francois van Niekerk

Stellenbosch 1679 Pinotage 2019 – WO Stellenbosch, Winemaker: Nicolas Husselman/Handré Visagie

Môreson Widow Maker 2018 – WO Stellenbosch, Winemaker: Clayton Reabow

Neethlingshof Estate Pinotage 2020 – WO Stellenbosch            , Winemaker: De Wet Viljoen

Stellenrust Cornerstone Pinotage 2019     – WO Stellenbosch, Winemaker: Tertius Boshoff

La Cave Pinotage, 2018 – WO Wellington, Winemaker: Francois van Niekerk

“Die bedryf voeg nie net premiumwyne by tot die plaaslike en internasionale verhoog by nie, maar dit genereer ook belasting, werk en ondersteun wyntoerisme wat alles vir Suid-Afrika broodnodig is. Dit het ons as Absa se samewerking met die Pinotage Assosiasie ’n natuurlik uitvloeisel gemaak. Dié vennootskap bevorder die beste wat Suid-Afrika kan bied en beklemtoon waarom die koop van plaaslik vervaardigde wyne in hierdie tye so belangrik is. Ons is trots daarop om met Suid-Afrikaanse pinotage en hierdie kompetisie wat uitnemendheid in pinotage-wynmaak vier, verbind te wees. Ons bedank die Suid-Afrikaanse Pinotage-vereniging vir die bevordering van pinotage op die plaaslike en internasionale verhoog. Ons wens die bedryf en die wenners in die toekoms baie sukses toe,” sê John Tshabalala, besturende direkteur: Kaapstreek.

“Hierdie kompetisie is van strategiese belang want hierdie Suid-Afrikaanse variëteit presteer uitstekend in die bedryf en daarom is ons verbind tot hierdie kompetisie en sy bedryf. Vir ons is dit ‘n voorreg om met pinotage verbind te word, veral die Absa Top-10 Pinotage-kompetisie”, sê Abrie Rautenbach, hoof van AgriBusiness vir Absa.

“In ‘n vennootskap met die bank het die Pinotage Assosiasie die rimpeleffek en voordeel van kompetisies soos die Absa Top-10 gesien”, sê Truter. En as ons terugkyk, sien ons die belangrikheid en waarde wat kompetisies op die wynprodusente het.”

Die museumkompetisie is om ’n belangrike rede, naamlik om die verouderingsmoontlikheid van pinotage ten toon te stel. Pinotage is deur keldermeesters en die wynliefhebbende publiek omhels en is beslis op die regte pad. Deelname aan hierdie kategorie word aangemoedig, wat weer soortgelyke voordele as die Absa Top 10-kompetisie sal bied.

Museum-/ ikoniese wenners

Kanonkop Pinotage 2010WO Stellenbosch, Winemaker Abrie Beeslaar

Rijk’s Private Cellar Pinotage 2011WO Tulbach, Winemaker Pierre Wahl

Rijk’s Reserve Pinotage 2011WO Tulbach, Winemaker Pierre Wahl

Suid-Afrika se tien beste pinotage wyne.
Abri Beeslaar van Kanonkop was weer een van die pinotage-wenners.
Neethlingshof se Estate Pinotage 2020 – WO was vir wynmaker De Wet Viljoen ‘n wenner.
Anri Truter se Beyerskloof Diesel Pinotage 2018 was een van die ses Stellenbosse pinotage-wyne onder die land se top 10.
Die wenners van die museumklas is
Abrie Beeslaar, Christelle van Niekerk, Tiger Dorrington en Pierre Wahl.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!