Sterre by dosyne by PRG

Heelwat PRG-leerders presteer

Verskeie leerders van Paul Roos Gimnasium het die afgelope paar weke puik prestasies op verskillende terreine behaal.

’n Gr. 11-leerder, AD le Hanie, het onlangs aan die SAARA Wes-Kaapse kampioenskappe deelgeneem en die volgende prestasie behaal: 10m Olimpiese (Presisiestaan) Mans, o.20 – goue medalje.

Hy het weer sy WP-kleure verwerf en is gekies om die Wes-Kaap te verteenwoordig by die SA-kampioenskappe wat in die Oktobervakansie in Klerksdorp plaasvind.

AD het ook die trofee ontvang vir die beste junior manspresisieskut van die jaar in die Wes-Kaap.

Glasson Osborne, ‘n gr. 12-leerder, is een van die top 60 hoërskoolfinaliste in ‘n landwye wiskundekompetisie..

Christian Sadie, ‘n oudleerder van Paul Roos en sy hoofafrigter, Keith Jansen, wat ook PRG se swemafrigter is, was deel van die paralimpiese sportspan wat pas aan die Tokyo-paralimpiese spele deelgeneem het.

Sadie is een van drie swemmers in die span wat vir vier of meer items gekwalifiseer het. Ander paralimpiese atlete wat dit vermag het is Natalie du Toit en Charle Bouwer.

PRG swim coach, Keith Jansen, with Old Boy Christian Sadie. Bidding them farewell at the airport are Paul Roos swimmers Ruard van Renen and Mitchel Engelke.
Die landwye Blitsbrein Junior-kompetisie het weer vanjaar aanlyn plaasgevind. Justin Cowley (gr 11) het 4de in die Wes-Kaap gekom en het op 28 Augustus aan die finaal deelneem.
Glasson Osborne, ‘n gr. 12-leerder, is een van die top 60 hoërskoolfinaliste in ‘n landwye wiskundekompetisie.
AD le Hanie gaan aan die SA -persisieskietkampioenskappe deelneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!