Porchie se ‘Brotherhood’ ondersteun PRG-leerders

Blomme en vlieërs ontspan en stimuleer Paul Roosers

Navorsing toon dat deur slegs ’n paar minute te spandeer om ’n kunswerk te geniet ‘n positiewe uitwerking op die plesiersentrums van die brein het en jou manier van dink kan verander. Visuele kuns kan ook ‘n waardevolle hulpmiddel wees om produktiwiteit en welstand by ‘n skool te verhoog.

Dit is dan geen wonder dat Portchie se skenking van die kunswerk “Brotherhood”, wat in die mediasentrum uitgestal word, Paul Roosers inspireer nie. Die helder blomme, vrolike Paul Roos- vlieërs en jongelinge wat hul self geniet is net die regte medisyne vir ’n leerder wat oorweldig voel voor ’n wiskunde toets en wat die kunswerk kan gebruik om te ontlaai en nuwe moed te skep.

“Vrolike temas en helderkleure kan veral effektief wees om ontspanning aan te moedig”, verduidelik Portchie, ‘n oudleerder van Paul Roos (1991).

Portchie moedig almal aan om hierdie wondermiddel self te beleef: ”Nog beter medisyne om jou op te kikker is om self ’n kwas of potlood op te tel en iets te teken. Dit lei jou aandag af van enige bekommernisse en laat jou heerlik ontspan.”

Michael Jordaan, oudskolier en “engelbelegger” in innoverende idees,  is oortuig van die sterk verwantskap tussen kreatiwiteit, kritiese denke en entrepreneurskap. “Dit is uiters belangrik in vandag se leeromgewing dat leerders blootgestel word aan geleenthede wat kreatiwiteit bevorder, veral in die 21ste eeu.”

Die onderwysfakulteit van die Universiteit van Arkansas het navorsing gedoen onder ‘n groot aantal studente wat die “Crystal Bridges Museum of Art” besoek het, en ontdek dat daar blywende intellektuele en emosionele voordele is om studente bloot te stel aan beeldende kunste in ‘n museumomgewing, insluitend ‘n groter kapasiteit vir empatie, verdraagsaamheid en kritiese denke.

Paul Roos Gimnasium se See and Be Seen-kunsuitstalling en -veiling aangebied deur Investec bied ook in ’n uitreik-kunsprojek in samewerking met die Rupert Museum aan. Leerders van skole in die omgewing sal die geleentheid gebied word om ’n begeleide museumtoer te geniet, te ontspan en leerders van verskillende agtergronde te leer ken asook hul kritiese denke te verfyn. Kunswerke van hierdie leerders sal deel vorm van die See and Be Seen-kunsuitstalling en -veiling wat vanaf 19 – 30 Oktober by Paul Roos Gimnasium aangebied sal word. Die projek word ook trost ondersteun deur SMAC Gallery, Strauss & Co Fine Art Auctioneers, Spier Arts Trust, Stellenbosch Visio en kunstenaars.

Daar is geen twyfel dat elke ouer of onderwyser seker sal maak dat kuns en kreatiewe stimulasie deel uitmaak van hul kind se leeromgewing met die wete dat dit produktiwiteit met tot 30% kan verhoog nie.

Besoek die Paul Roos Gymnasium-webwerf vir meer inligting oor die uitstalling en veiling se opening, 19 Oktober om 10:00 en veiling, 20 Oktober om 17:30 of kontak kwinter@paulroos.co.za vir meer inligting.

Van links staan André van Staden rektor, Portchie, oudskolier, Devon Milne, hoofseun en onderhoofseuns Janneman Slabbert en Reghard van Wyk. Foto: Jacques Vermooten

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!