Stellebossers vereer vir hul bydraes in die gemeenskap
‘n Groep Stellenbossers wat die afgelope tien jaar ‘n buitengewone bydrae tot die dorp se kulturele infrastruktuur en bevordering van sosial kohesie gelewer het, is vanjaar met e’Bosch-eretoekennings vereer tydens dié organisasie se jaarlikse burgemeester- en rektor-openingfunksie.
Die Stellenbosch-gebaseerde e’Bosch-erfenisprojek is in 2011 tydens ‘n inklusiewe 80ste verjaardag van die Voortrekker-jeugbeweging op Stellenbosch gestig as ‘n reaksie op die behoefte om brûe tussen die gemeenskappe van Stellenbosch te bou om almal welkom op die dorp te laat voel.
Nomisasies word jaarliks vir hierdie toekennings gedoen en deur ‘n paneel onder leiding van prof. Matilda Burden van die Universiteit van Stellenbosch gekies. Vanjaar se finale lys van 11 ontvangers van die e’Bosch-eretoekennings wat hierdie prys persoonlik of namens hul organisasies ontvang het is: Imbali ( Jeanne Bestbier-Bloch); Opvoeding (Roy Van Rooyen); Words open Worlds/WOW (Prof Dorethea van Zyl); Erfenis (Johann Murray); Toastmasters Stellenbosch (Breda Strassheim); Raad vir Kerklike Samewerking op Stellenbosch/RKSS (ds Jan van Zyl); Medies (Sr Christina Williams); Stellenbosch Wynroetes (Elmarie Rabe); Crafts Alive (Anna Kruger); Erfenis (Michael Fraser); Sustainability Institute (Jess Schulshenk).
Die e’Bosch-erfenisprojek verteenwoordig tans 14 woonbuurte of “dorpies” soos op hul embleem uitgebeeld in die groter Stellenbosch-distrik. Hulle is Cloetesville, Devonvallei, Idasvallei, Jamestown, Kayamandi, Klapmuts, Kylemore, Lanquedoc, Pniël, Raithby, Stellenbosch-sentraal, Vlottenburg, Wemmershoek en die plaasgemeenskappe
Gedurende September en Oktober vanjaar sal e’Bosch altesame 28 gemeenskapsprojekte aanbied wat almal aan die protokolle vir Covid-19 voldoen.



