PRG klop 22 000 ander

PRG wen beleggingsuitdaging

Die JSE Beleggingsuitdaging het ten doel om hoërskoolleerders te leer oor die wêreld van beleggings. Paul Roos Gimnasium is aangedui as die wenners van die JSE Beleggingsuitdaging 2021 in die skole-afdeling.

Die Pure Wholesomeness-span wat bestaan het uit Francois Paul Lategan, Michael Samson, Jaydon Durr en Muhammud Docrat het Paul Roos Gimnasium verteenwoordig en het hul ‘Spectacular Portfolio’ die eerste plek verower.

Meer as 22 000 leerders en studente uit 364 skole en universiteite landwyd het deelgeneem. Die kompetisie het vanaf Februarie tot 20 September 2021 plaasgevind.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!