As die katjiepiering blom
As die Katjiepiering blom is ’n bildungsroman wat in die Overberg en Kaapstad afspeel. Dit is Lea Floris se komvandaanstorie wat afspeel sedert die 1980’s. Haar ouers, Jakob en Dientjie, is plaaswerkers en die omstadighede van haar kinderjare is moeilik. Maar een besluit verander die koers van haar lewe en Lea vlug van haar vriende, familie en alles wat sy ken. Dis ’n storie van liefde, hoop en ’n beskermengel or twee.
Oor die skrywer
Audrey Jantjies is gebore in Suurbraak of !xairu, wat beteken ‘a place called paradise’, maar het grootgeword op Swellendam. Sy het gereis om die wêreld so bietjie meer te leer ken en het vir ’n paar jaar in die Kaap gewerk en woon. Sy is tans weer tuis in die lieflike Overberg.