Enige geluk vir Grootgeluk se mense?

Grootgeluk – Deur Jan van Tonder

Ek het nou maar een maal ‘n sagte plek vir ‘n stukkie geskiedenis en natuurlik ‘n boek. Wanneer die twee mekaar ontmoet in die blaaie van ‘n goeie roman, kan ek maklik dae aaneen lees, en eerder die skottelgoed los vir net nog een hoofstuk. Ek kon nie anders as om Grootgeluk in ‘n rekordtyd van een lang nag en een kort dag deur te lees nie.

Die skrywer Jan van Tonder het sy debuut in 1983 gemaak met die roman Wit Vis. Hierna het kortverhale soos Aandenking vir ‘n vry man gevolg. Die roman Is Sagie Die Kind is benoem met vir ‘n FAK-prys. Sy roman Roepman en Die Verevrou is albei vir verskie literêre pryse benoem. Roepman is ook verfilm.

Nou bring Van Tonder vir ons Grootgeluk ‘n plaas in die Klein-karoo, ‘n hartskontrei van die skrywer. Hierdie historiese roman speel af in die onstuimige era, die 1850’s tot 1914. In hierdie roman is twee vertellers aan die woord, die boervrou Hendrien Schoeman en plaaswerker Tijs Velaat.

Liefde, geheime, skandes, oorlog, verkeerde paaie en stom wees – hoeveel geluk is daar werklik vir Grootgeluk se mense? Kan die welvarende Grootgeluk se geld regmaak wat krom is?

Ek kon hierdie boek nie neersit nie en het elke bladsy verslind. Die eerste blad het ek skepties begin lees, maar met die eerste omblaai het ek saam met die mense van Grootgeluk getreur, gelag en gehoop.

Grootgeluk is beskikbaar by toonaangewende boekwinkels en aanlyn. Dankie aan NB Uitgewers wat hierdie berig moontlik maak.

Lekker-lees groete.

Annette Havenga

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Leave the field below empty!