Leen my jou putpomp

Patricia, slaag asseblief jou begripstoetse

Pienaar Spies, Stellenbsioch

Die beelde van Januarie 2022 se monumentale fisiese skade aan die parlement en nagevolge van die emosionele brandmerke sal vir al die verkeerde redes nog vir eeue onthou word en in nageslagte se geheue bly steek.

So herinner Guy Fawkes-vierings ons sedert 1605 steeds jaarliks aan die voorval waar skurke die Britse Parlement met buskruit wou opblaas. Dissipline, wakker voorkomende optrede van ʼn knap staatsdiens en staatsveiligheidsmasjien en toepaslike snelle vergelding, het die skurke in hul spore gestop.

In teenstelling met die Guy Fawkes-voorbeeld, is die voorval in SA se geval ʼn getuigskrif van ‘n onbekwame staatsdiens en ʼn mislukte staat. Drie maande na die voorval word nog rondgeploeter met verskonings vir vertragings.

Die parlementêre ramp is nou ʼn gemeenskaplike getuigskrif van kiesers  se onvermoë om verantwoordelike leiers te identifiseer en ook die resultaat wanneer die beginsel van “Ek is Dienskneg/Trustee” en  die “Kliënt is Koning” (en nie onderdaan) nie, deur ʼn amptenaar of verkose leier begryp word.

Asof dit, as onuitwisbare getuigskrif nie genoeg is, kom dit voor asof die einste “rasieleier”, die minister van openbare werke, Patricia de Lille en kie, wat hulself  voorheen ook probeer verontskuldig het, weer eens sout in die kiesers se wonde gevryf het.

Haar redes vir die vertraging om met herstel te begin, het as ondersteunende versagtende omstandighede ingesluit die “reuse-taak” om die 4 miljoen liter kelderwater uit te pomp en te laat analiseer.

Net daar het sy haar die toets vir begrip- en  oorredingsvermoë weer gedop! Toe grawe sy haar gat nog dieper. “Hul moes wag vir  ʼn permit  van die munisipaliteit om die water uit die kelder te pomp. Dis 39 liter water per minuut en terloops, ‘n dag het 24 uur en n week 7 dae.  ‘n Putpomp sou dit maklik kon doen in die 1776 uur wat sedert 15 Januarie tot 31 Maart vermors is. Miskien moet sy Elsenburg vra vir toetse – hul help jou binne 2 dae.

Dis waarom dit so belangrik is om  begripstoetse op skool te slaag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!