Op my bedkassie – 107 Kaalkoppe
Nataniël, 20 Jaar as SARIE rubriek-skrywer
Nataniël het in 2021 ‘n volle 20 jaar as rubriek-skrywer vir die Sarie-tydskrif gevier. Sy rubrieke ‘Kaalkop’ het in 2012 vir die eerste keer verskyn en sederdien net in gewildheid gegroei.
Die versameling
Heerlik, ‘n lekkerlees-versameling van eerlike, persoonlike en inspirerende skrywes. Wees gereed om deur elke emosie geneem te word, van hartseer tot simpatie en verbasing. Melodramaties en melankolies soos net Nataniël kan. Elke hoofstuk raak iets van jou menswees aan. Die lewe, soos dit is, met al sy bekommernisse en humor.
“Elke storie een tree nader aan hoop, elke paragraaf ‘n poging tot vermaak, elke slot ‘n sug van verligting. Hel, dis heerlik hel, dis tough,” beskryf Nataniël sy 107 Kaalkoppe.
Dit is ‘n fees van leesgenot en dit voel amper asof Nataniël self hierdie stories vir jou lees.
Nataniël
Die flambojante en talentvolle Nataniël is al 30 jaar in die vermaaklikheidsbedryf as solo- kunsternaar. Van suksesvolle skrywer tot ewe suksesvol op die verhoog, Nataniël is en het verseker ‘n presence. Of jy nou ‘n aanhanger is of nie, sy naam sal jy ken.
Ons het al sedert 1992 sowat 20 boeke uit Nataniël se pen gesien en nie een wyk af van sy styl, persona of talent nie.
Met 107 Kaalkoppe is die ook nie anders nie. Daar is lieflike illustrasies deur Floris Louw en 230 bladsye van genot.
107 Kaalkoppe deur Nataniël is by toonaangewende boekwinkels, Makro en aanlyn by takealot.com en loot.co.za beskikbaar.
Lekker-lees groete
Annette
Op my bedkassie word moontlik gemaak deur NB Uitgewers.


