Vianté Rossouw, ’n graad 8-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, het in April aan die72ste Suid-Afrikaanse nasionale boogskietkampioenskappe (Outdoor) deelgeneem waar sy ’nsilwer medalje in die afdeling vir dogters o.15 met ’n recurve-boog behaal het.
Die skool se leerders het onlangs soos hul gunstelingfiktiewe karakters aangetrek ter viering van Wêreldboekedag. Ook die personeel het deelgeneem – Kuifie en Kaptein Sardyn was ondermeer in die klas! Foto’s: Stephan Meyer





