Hoërskool Stellenbosch se 0.14-rugbyspan het op Woensdag, 3 Augustus 2022, tuis teen New Orleans Sekondêr se 0.14B-span gespeel. Stellies het van die afskop af die spel gedomineer. HSS het agt drieë teenoor New Orleans Sekondêr se twee drieë gedruk. Die span het gewys waartoe hulle in staat is en ‘n oorwinning van 51-10 behaal.