Bloemhof se matrieks blink weer uit
“Werk hard, maar rus ook genoeg. Om jouself te oorwerk is amper erger as om nie genoeg te leer nie. Een van die belangrikste dinge is om nóóit aan te beweeg met ‘n nuwe konsep, as jy ‘n vorige een nog nie verstaan nie. Dan bou jy ‘n wankelrige fondasie. Maak seker jou basis is altyd sterk voor jy daarop bou.”
Dit is die mening van Anna-Mart Louw, tweede beste matriekleerder in Suid-Afrika van die Hoër Meisieskool Bloemhof wat haar matriekuitsale verlede Vrydag saam met duisende ander ontvang the.
HMS Bloemhof se leerders het weereens bewys waarom dit een van die topskole in die land is met hul matriekuitslae vir 2022 wat verlede Vrydag bekend gemaak is. Bloemhof het weer ‘n 100%-slaagsyfer behaal en spog ook met 98% van die leerders wat met universiteitstoelating slaag.
Anna-Mart Louw, die skool se DUX-leerder, spog met ‘n allemintige 98% gemiddeld vir al haar vakke, onder andere 100% vir wiskunde én ingenieursgrafika en ontwerp. Sy gaan hierdie jaar elektriese- en elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Haar droom is om haar eie maatskappy te begin wat deur innovering aktuele probleemoplossings bied.
Kort op haar hakke volg Mienja Strauss met ‘n gemiddeld van 95,5% vir haar nege vakke. Anna-Mart Louw, Kyanti Greyling, Emma Berry en Misha Potgieter het elkeen 8 A-simbole behaal.
In totaal het hierdie groep dames gesorg vir 465 vak A’s en 55 A-gemiddeldes. Boonop het 76,4% van die totale klasgroep van 135 leerders ‘n B-gemiddeld of hoër verwerf.
Verder was die uitslae soos volg:
22 slaag met 7 A’s
14 slaag met 6 A’s
9 slaag met 5 A’s
9 slaag met 4 A’s
44,3% slaag met 4 of meer A-simbole



