PRG o.19A-krieket veroorsaak groot opskudding.
Paul Roos se o.19A-krieket span het in die laaste kwartaal met meer as een skool wat bo hulle op die ranglys is afgereken. Verlede naweek was dit die beurt van Rondebosch (nommer 1 op die ranglys) om met 18-lopies teenoor Paul Roos die knie te buig.
Paul Roos het eerste gekolf en na ’n vinnige paaltjie aan die begin van hul beurt, het Josh Jordaan (32) en Cormey van der Watt (94) die leiding geneem en die span tot ’n bestendige 94/1 geneem voor Josh sy paaltjie verloor het. Van der Watt het sy 94 lopies van 96 balle geslaan en teken onder andere agt viere en twee sesse aan. Hy is net kort van sy 100-tal BVP betrap. Daarna het die paaltjies vinnig geval, maar met die hulp van Beor van Reenen (20*) het Paul Roos se beurt op 227/9 (50) geëindig.
Paul Roos se boulers het met gereelde intervalle paaltjie geneem. Callum Appollis en Cormey van der Watt eindig met syfers van 2 vir 32 en 3 vir 32 onderskeidelik. Cormey neem ook die laaste paaltjie om Rondebosch uit te boul vir 208 lopies.
PRG wen die wedstryd met 18 lopies.



