PRG wen WP-waterpolo-liga vir eerste keer
Paul Roos se o.19A-waterpolospan het Woensdagaand die Westelike Provinsie-waterpololiga vir die eerste keer in die skool se geskiedenis gewen.
Paul Roos het eers tydens ‘n senutergende semi-finale teen Rondebosch Boys’ High te staan gekom. Na ‘n paar naelbyt-oomblikke het Paul Roos vir Rondebosch geklop. Oorwinning was soet toe Paul Roos die finale teen SACS 9-7 op hul tuisgrond klop .