Plaaslike maatskappy sê: ‘Kyk nou na elektriese motorfietse – dis goedkoper’

Elektriese voertuie bekostigbaar vir Suid-Afrikaners

Onlangse berigte oor die hoë prys van elektriese voertuie wat te kenne gee dat die pryse van hierdie voertuie baie hoër is as dié van normale brandstofaangedrewe motors, is nie heeltemal waar nie. ‘n Mens moet appels met appels vergelyk as sulke bewerings gemaak word en oorweging skenk aan motorfietse wat vir aflewerings en individuele gebruik, benut word.

So sê Hardie Basson, uitvoerende hoof van SilenceSA , ‘n Stellenbosse maatskappy wat elektriese motorfietse, en nou ook klein nutsmotors wat elektries aangedrewe is, invoer en versprei.

“Dit is maklik om ‘n voertuig uit een sektor met ‘n ander uit ‘n ander klas te vergelyk en dan tot ‘n eenvoudige gevolgtrekking te kom. Dit weerspieël egter nie die ware feite en volle verhaal nie. ‘n Mens moet na die verskillende batewaardes van elektriese voertuie kyk om te bepaal of dit bekostigbare vervoer verteenwoordig. Vergelykings kan wel tussen elektriese voertuie en motorfietse getref word sodat die kostes en voordele op gelyke voet oorweeg kan word. Daar moet spesifiek gekyk word na die kostebesparing van elektriese voertuie teenoor dié met binnebrandenjins, die energieverbruik en -kostes van elkeen en die duursaamheid van die gebruik van die verskillende voertuie oor tyd.”

Volgens Basson kan die hoofstroom-motorbedryf nie hul elektriese voertuie se pryse en vervaardigingskostes vergelyk met dié van maatskappye wat uitsluitlik elektriese voertuie vervaardig en dit dan as te duur afmaak nie.

Hierdie maatskappye is daarop ingestel om motors met binnebrandenjins te produseer en vir hulle om oor te skakel na elektriese vervaardigingslyne is duur. Dit jaag hul pryse dus buitensporig op.

“In die geval van SilenceSA vervaardig ons uitsluitlik elektriese voertuie en kan dus baie kompeterend die plaaslike mark bedien. Ons vervaardigingsaanleg in Barcelona, Spanje, is doelgemaak vir die vervaardiging van elektries-aangedrewe voertuie en benut ons ons kundigheid en ervaring om net in hierdie sektor van die motorbedryf te belê.

“Daar is dus geen oorbruggingsuitgawes, aanpassings van bestaande vervaardigingslyne of die aanlê van nuwe lyne nie – ons doen wat ons goed kan doen en waarvoor ons die nodige kennis en agtergrond het, met gevolglike besparings in ons produksiekostes en uiteindelik ook vir die eindverbruiker – vir motor- en motorfietsryers.

“Die afgelope 12 jaar is ons eie navorsingspanne, ontwerpers en produkontwikkelingspesialiste besig om uitsluitlik op elektries-aangedrewe voertuie te fokus en kan ons met reg daarop aanspraak maak dat ons die mees bekostigbare opsies vir verbuikers kan bied. Dit stel ons in staat om reeds in lande soos Portugal, Frankryk, Switzerland, Italië en Duitsland, om maar ‘n paar te noem, en nou ook in Suid-Afrika, ‘n groot bydrae te kan maak om die rol wat elektriese enjins in die vervoerekonomie speel, uit te brei,” verduidelik Basson.

Hy stem saam dat invoerbelasting wel ‘n rol speel in die bepaling van verkooppryse van SilenceSA se produkte in Suid-Afrika, maar dat dit danksy hul gefokusde produksieprosesse steeds baie meer kompeterend is as in die gevalle waar produksie-aanlegte groot kapitaaluitgawes moes aangaan om na die vervaardiging van elektriese voertuie om te skakel.

Buiten die feit dat SilenceSA die plaaslike mark met uiters kompeterende prysopsies vir die verskillende elektriese voertuie bedien, is hulle ook vanuit die staanspoor daarop gemik om die eko-vriendelike vervoermark te verander.

Petrolaangedrewe motorfietse, ekwivalent aan dié van SilenceSA, het ‘n enjingebruikskapasiteit of lewensduur van ongeveer 45 000 km. Tans ry afleweringsmaatskappye wat sulke motorfietse daarvoor gebruik, ongeveer 30 000 km per jaar. Dit beteken dat die maatskappye binne een en ‘n half jaar hul vloot sal moet vervang. In die geval van SilenceSA se motorfietse en nutsvoertuie, kan hulle ‘n minimum van 1000 herlaaibare siklusse benut, teen ‘n reikafstand van 125 km per siklus. Dit kom neer op ‘n gebruiksleeftyd of -afstand van 125 000 km met ‘n maksimum van 3000 herlaaibare siklusse – dit lewer dus 375 000 km se ry-afstand. Hierna is die verbruiker nog gewaarborg van ten minste 90% van die kapasiteit van die battery. In Spanje, waar Silence se hoofkantoor geleë is en die maatskappy al 12 jaar in bedryf is, is motorfietse wat met die ontstaan van Silence in werking geneem is, nog steeds met die oorspronklike batterye in bedryf.

“Ons wil dit vir die verbruiker wat ernstig is oor die vermindering van hul koolstofvoetspoor en bewaring van die omgewing so maklik as moontlik maak om ‘n alternatiewe vervoermiddel, wat omgewingsvriendelik, doelgemaak en bekostigbaar is, te kan aanskaf. Daarom het ons finansieringsopsies binne ons maatskappy geskep om hierdie proses te vereenvoudig en binne die bereik van verbruikers te plaas.

”SilenceSA se Rent-Smarter-opsie is ‘n bekostigbare manier waarop ons motorfietse gehuur kan word, ook met die oog om dit dan later te koop – maar dit is nie ‘n vereiste nie. Met hierdie huur-opsie kan verbruikers hul vervoerbeplanning noukeurig doen en groot kostebesparings in die hand werk.

“Vir besighede met afleweringsdienste kan dit betekenisvolle besparings in operasionele koste en groei in winsmarges teweegbring. ‘n Groot voordeel van hierdie stelsel, anders as wat tans op die plaaslike mark vir brandstofaangedrewe voertuie beskikbaar is, is dat instandhouding, onderhoud en versekering die verantwoordelikheid van SilenceSA bly. Afleweringsmaatskappye kan dus ons elektroniese SO1- en SO2-afleweringsmotorfietse huur vir hul besige tye om so groter besparings te verseker. Dieselfde geld gewone pendelaars wat met tussenposes vervoer benodig. Dit is al deur en deur bewys dat die bedryfskoste van elektriese motorfietse en -motors aansienlik goedkoper is as brandstofaangedrewe voertuie, en dan is dit natuurlik nog beter vir die omgewing ook.

“Omdat ons erkende kenners en vervaardigers van elektriese motorfietse en – motors is wat sedert die ontstaan van die maatskappy die groen-energiebeweging uitleef en ondersteun, is ons nou gekoppel aan ander rolspelers in die ekovriendelike vervoerbedryf en kan ons besighede wat in hierdie veld wil uitbrei, met raad en doelgemaakte produkte bystaan,” het Basson verduidelik.

Volgens Basson word daar baie vrae gevra oor die beskikbaarheid van elektrisieit in Suid-Afrika weens die voortslepende beurtkrag. Hy meen die oplossing lê juis in die vinnige herlaaityd van die batterye van die eenhede, wat tussen 3 en 4 uur is, en dat twee batterye hierdie uitdagings sal oorkom.

Hardie Basson, hoof uitvoerende beampte van SilenceSA, by een van hul elektriese motorfietse.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!