Pryse vir borrelende Woordfees-kunstenaars

Hier is Woordtrofee-wenners vir 2023 

Die wenners van die 2023 Woordtrofees-toekennings is op 13 November by ’n geleentheid in die Oude Libertas-amfiteater bekend gemaak. Die wenners het elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld ontvang.

Gillian Mitchell was die sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel, wat bestaan het uit Christiaan Boonzaier, Wendy Crowley, Gustav Franzsen, Kobus Hanekom, Robert Hindley, Suzaan Keyter, Barbara Loots, Mannie Manim, Jackie Manyaapelo, Jill Markram, Wayne Muller, Royston Stoffels, Tsholo Tshilwane, Naudé van der Merwe, Herman van der Westhuizen, Brechmari van Wyk en Ina Wichterich.

“Die Woordfees-program,” het Mitchell gesê, “was vanjaar buitengewoon sterk en gevarieerd – ’n bron van vreugde en rede tot intensiewe besinning vir paneellede. Die benoemings is ’n opwindende weerspieëling van die talent, diversiteit en kreatiwiteit waaroor die uitvoerende kunste in Suid-Afrika beskik.”

Benewens die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in vier verskillende genres (fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl) is ’n aantal spesiale pryse toegeken word. Daaronder tel die toekennings vir WOW-skool van die Jaar en WOW-onderwyser van die Jaar.

Die wenners is:

BOEKWENNERS

Topverkoper: Niefiksie

I Am Ella – Joanne Jowell

Topverkoper: Leefstyl

Coloured: How Classification Became Culture – Tessa Dooms & Lynsey Chutel

 Topverkoper: Poësie en algeheel

Soekenjin – Bibi Slippers

Topverkoper: Fiksie

Laaste kans – Marita van der Vyver

KLASSIEKE MUSIEK

Beste prestasie: Klassieke musiek – Vokaal

As ek…

 Beste prestasie: Klassieke musiek – Instrumentaal 

Variations on Virtuosity

 KONTEMPORÊRE MUSIEK 

Beste prestasie: Kontemporêre musiekproduksie – Solo/duo

Amber/Ombré (Amanda Strydom)

Beste prestasie: Kontemporêre musiekproduksie – Groep/ensemble

Effervescence: Xamisa, iKapa, Kaapstad

DANS

Beste prestasie: Dans

Karatara – Produksie

 Beste opkomende kunstenaar

David Cyster – Beethoven Triple Concerto (Klassieke musiek)

Melisizwe  Plaatjie – Effervescence:  Xamisa, iKapa, Kaapstad (Kontemporêre musiek)

SPESIALE TOEKENNINGS

In Verbondenheid-toekenning

Frazer Barry

Die Toyota US Woordfees gee met die In Verbondheid-prys erkenning aan rolspelers wat in die kunste oor grense, onvermoeid en dikwels vir min of geen vergoeding, werk om groter sosiale kohesie te bewerkstellig.

Frazer Barry. Foto: Nanette-Evenhuis

Vorige wenners:

2017: Simon Witbooi (HemelBesem)

2018: Janine Neethling

2019: Felicia Lesch

2020: Amelda Brand

2021: Geen toekenning

2022: Lee-Ann van Rooi

WOW-onderwyser van die jaar

Alicetine Fredericks (Kroneberg Primêr, Oos-Kaap)

WOW-skool van die jaar

Bastiaanse Sekondêr (Beaufort-Wes, Wes-Kaap)

Beste prestasie in kunsjoernalistiek (INK-feeskoerant):

Marchelle van Zyl

Marchelle van Zyl (regs).

Feeshelde

Retha Bornmann en Monique Bowes

TONEEL

Beste prestasie: Tegnies

Die vegetariër – Stel, beligting, ontwerp

Beste prestasie: Fringe

Byster

Beste prestasie: Kinderteater

The King of Broken Things

Beste byspeler (manlik)

Eben Genis – Mirakel

Beste byspeler (vroulik)

Jill Levenberg – Droomwerk

Beste speler (manlik)

Mark Elderkin – A Midsummer Night’s Dream

Beste speler (vroulik)

Sandra Prinsloo – Master Class

Beste prestasie: Solo

Kim Blanche Adonis – My Fellow South Africans

Beste ensemble

Droomkraan-kronieke – Geselskap

Beste regie

Geoffrey Hyland – A Midsummer Night’s Dream

Beste toneelstuk

Die vegetariër

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!