Nuwe sakeforum tot voordeel van Stellenbosch

Sakeforum wil ointwikkeling aanhelp

‘n Nuwe sakeforum wat die belange van plaaslike sakelui op die hart dra, is verlede week onder leidinn van Flip Liebenberg en ander sakemense gestig.

Die Stellenbosch-besigheidsforum is tans onder voorsitterskap van Liebenberg, tesame met Kobie van Breda, Joris Jacobs en Dawn van Wyk, terwyl dr Colin Prins strategiese ondersteuning bied.

“Ons dryfveer is die deurlopende agteruitgang van die omgewing waarin ons keefg en besigheid doen en hoe ons verwyder en uitgesluit is van die transformasie van ons ekonomiese omgewing,“ het Liebenberg by die geleentheid by Doornbosch gesê. Hy het dit ook beklemtoon dat Stellenbossers toenemend lei onder fisiese ondeurdagte ontwikkeling in en om die dorp, wat die kultuur en omgewing skaad.  Die groep glo weldeurdagte ruimtelike beplanning en ontwikkeling is noodsaaklik vir gesonde groei.

“Ons doel is om die gaping tussen plaaslike sakeondernemings, die regering en die inwoners van Stellenbosch te oorbrug om ‘n pad vir voorspoed en opheffing van die streek te skep. Daarvoor wil ons gesonde besigheids- en regeringsverhoudings bou wat voordelig is vir lede en die ekonomiese groei en stabiliteit van Stellenbosch. Dit wil ons doen deur probleemoplossing te fasiliteer deur netwerke en samewerking tussen professionele persone in die bedryf en plaaslike regering om ‘n gemeenskap te bou wat volhoubaar groei en werkskepping bevorder.“

Liebenberg het in sy toespraak aangehaal uit ‘n boodskap van Ernst van Zyl van Afriforum waarin Van Zyl gesê het ‚‘In Suid Afrika het die toekoms reeds gebeur; vir dekades al is politieke opsies beperk+ tot n keuse tussen middel links, links en ver links, en baie Westerse utopiese visies gaan Voort om te verongeluk, te brand, en word dan vir onderdele gestroop. Gevolglik staan min van ons hier in Suid Afrika nog onder die illusie dat politieke partye ons sal red. Ons ingesteldheid moet wees om te veg vir dit wat ons wil behou en bewaar in ons dorpe, woonbuurte en gemeenskappe.‘

Volgens Liebenberg moet Stellenbossers se fokus skuif van wat die regering vir hulle kan doen, na wat inwoners vir die gemeenskap doen. D

“Dis ‘n basiese kopskuif van hoe om verandering vanuit die gemeenskap, vir die gemeenskap te bewerkstellig. En hoe ons besighede en inwoners hande kan vat en invloed kan hê in ons plaaslike regering, sodat die gemeenskap voorop staan en sy belange voorrang geniet.

“Ons leef in ‘n diverse gemeenskap waar elkeen sy bestaansreg en kultuur moet beskerm. Slegs as ons mekaar ondersteun en ‘n geleentheid gun om voorspoedig te wees, sal ons vooruitgang geniet.“

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!