PRG excells in various fields
On 29 February, Paul Roos Gymnasium proudly hosted the fourth and final Boland Swim League Gala at Rhenish Girls’ High. The team triumphed in all three age group divisions, securing a place in the Super League swim-off that will take place on 7 March. Here, PRG will compete against teams from the Cape Town League, aiming to show their skills on a bigger stage.
PRG Productions
PRG Productions-lede, Llewellyn de Wet, Thomas Naudé, Michael Janse van Rensburg en Tobie Jackson, het onlangs die geleentheid gehad om agter die skerms van ʼn musiekvideo vir ʼn internasionale kunstenaar te werk. Nie net kon hulle sien hoe alles agter die skerms werk nie, maar die lede gaan ook in die agtergrond van die musiekvideo verskyn.
Toneel
Op Dinsdag, 27 Februarie, het Estelle Terblanche die eerste dramaklub-werkswinkel vir PRG se toneelgroep aangebied. Die oudisie vir tv/film- en advertensiewerkswinkel het gefokus op die lewering van ʼn professionele oudisie in dié bedryf. Die PRG-teaterklub het die werkswinkel behoorlik geniet, en heelwat lesse vanuit die vermaaklikheidsbedryf geleer. Daar word uitgesien om te sien hoe dié werkswinkels die toneelgroep se vaardighede verskerp wanneer hulle later die jaar aan verskeie tienertoneelkompetisies deelneem.
Fietsry
Die PRG-fietsryers het ʼn uitstekende naweek in die Paarl by Spice Route beleef. By die XCO-dissipline het Neil van der Vyver (eerste) en Benji Fourie (tweede) in die jeug o.16-kategorie geëindig. Tydens die downhill-dissipline het Jake van Schoor (eerste) en Jack Schlienann (tweede) geëindig in die sub junior-kategorie.
Atletiek
PRG het die volgende medaljes by vanjaar se Boland-lampioenskappe verower: 7 goue medaljes; 14 silver medaljes en 9 brons medaljes.
Die volgende atlete het goue medaljes gewen:
- Zachary Ribeiro – seuns o.14 kort hekkies
- Geshem Pietersen – seuns o.14 verspring
- Luc Botha – seuns o.15 400m
- Zachary Alfred – seuns o.15 kort hekkies
- Nathan Barnard – seuns o.15 gewigstoot
- Nathan Sander – seuns o.19 gewigstoot
- Luke van der Merwe – seuns o.19 hoogspring
Debat
Paul Roos se senior debatteerders skop hierdie week ‘n interne debatreeks af ter voorbereiding vir die nasionale ATKV-kompetisie in April, met die onderwerp: Self-doen aksies bevorder demokrasie in Suid-Afrika, al dan nie. Links na regs: Ian Lubbe, Altus de Villiers, Steffan Thielen, Altus du Plessis.
Waterpolo
The PRG first water polo team played SACS in the semi-final at their annual Night Series. The team fought bravely and walked away with a 11-6 loss against the hosts
Interskole krieket vs Grey Kollege
PRG het vir Grey Kollege die afgelope naweek in Stellenbosch verwelkom vir sy jaarlikse interskole krieketkragmeting. PRG het eerste gekolf en teken 247/6 aan in sy beurt.
Die beste kolwers was Riley Norton (94), Matthew Seymore (45) en Cornel Swart (32).
Grey Kollege kon slegs 191 aanteken voordat hulle uitgeboul is. Dian Winkel spog met syfers van 4/34.
PRG wen met 56 lopies.
Driekamp
Rohan Van Loggerenberg is gekies om Suid-Afrika by die komende Xterra-driekamp wêreldkampioenskappe te verteenwoordig, nadat hy onlangs sy ouderdomsgroep in Grabouw gewen het.
Downhill-bergfietsry
Pieter Venter het die afgelope naweek tweede geëindig in die junior mans downhill-afdeling wat by Zevenwacht aangebied is.
Muurbal
Die o.19A- en B-muurbalspanne het die afgelope naweek aan die York High-muurbalfees deelgeneem. Die spanne het die volgende uitslae behaal.
o.19A: verloor 1 – 5 vs. Outeniqua, verloor 1 – 5 vs. Oakdale, wen 3-3 (12-11) vs. York
o.19B: wen 4-2 vs. Outeniqua, verloor 3-3 (10-14) vs. Oakdale, wen 5-1 vs. York